Vyf vermis ná minibus in rivier beland

Die toneel. Foto: SAPD

Die toneel. Foto: SAPD

Vyf mense word vermis en twee is dood nadat ʼn minibus in ʼn rivier naby Ngcobo in die Oos-Kaap beland het.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê die minibus het omstreeks 02:00 Sondagoggend van ʼn brug op die R61 gery en in ʼn rivier beland. Die liggame van twee mans, onder wie die bestuurder van die minibus, is uit die voertuig gehaal.

Volgens Fatyela is vier mense uit die water gered en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy het gesê drie voue, ʼn driejarige dogtertjie en ʼn man word vermis. Die insittendes van die minibus was op pad huis toe nadat hulle ʼn kerkdiens bygewoon het.

Die polisie se duik- en honde-eenhede van Mthatha en Oos-Londen was op die toneel. Volgens
Fatyela is daar ʼn vuurwapen in besit van die bestuurder gevind. Die wapen se reeksnommer was afgevyl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.