Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê die minibus het omstreeks 02:00 Sondagoggend van ʼn brug op die R61 gery en in ʼn rivier beland. Die liggame van twee mans, onder wie die bestuurder van die minibus, is uit die voertuig gehaal.
Volgens Fatyela is vier mense uit die water gered en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy het gesê drie voue, ʼn driejarige dogtertjie en ʼn man word vermis. Die insittendes van die minibus was op pad huis toe nadat hulle ʼn kerkdiens bygewoon het.
Die polisie se duik- en honde-eenhede van Mthatha en Oos-Londen was op die toneel. Volgens
Fatyela is daar ʼn vuurwapen in besit van die bestuurder gevind. Die wapen se reeksnommer was afgevyl.