Vyf vroue dood in kar gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom nadat die liggame van vyf vroue oor die naweek in ʼn motorwrak aangetref is.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die polisie is Saterdag om 19:00 na die toneel ontbied.

“Die vyf vroue is dood aangetref in ʼn blou Ford Figo wat gerol het. Die motor se wrak is op die pad tussen Senekal en Rosendal gevind,” het Dhlamini gesê.

Dhlamini het gesê al vyf vroue het Lesotho-paspoorte in hul besit gehad. “Hulle het vermoedelik van Gauteng na Lesotho gereis toe hulle in ʼn ongeluk betrokke was. Die oorsaak van die ongeluk is egter nie bekend nie.”

Die Senekal-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die polisie het mense met inligting oor die ongeluk versoek om konst. Keketsi by 073 444 9619 of 058 4816 219 te bel. Die voertuig se registrasienommer is DB 80 PP GP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JD ·

“…oorsaak van die ongeluk is egter nog nie bekend nie…”
Kyk net hoe lyk daardie pad! Dit is lewensgevaarlik om op daardie pad te ry, ek ry die pad gereeld en dit is lewensgevaarlik om daar te ry vir enige motoris maak nie saak hoe stadig of hoe versigtig jy prober ry nie
DOEN IETS OMTRENT DAARDIE PAD !!

snoefie ·

dit gaan geld kos. geld was seker vreeslike nodig is om sosiale media te “monitor” en dan self rassisme en haatspraak te versprei. dis n skande dat Suid afrika, wat so n hoë belasting handhaaf se paaie in so n bedenklike toestand is. maar pleks van ou werkende hospitale een vleuel op n keer opknap, word die hele land vol nuwe staatshospitale gebou.

Francis Linstrom ·

As dit NET van die toestand van die paaie afgehang het, sou daar baie, baie meer ongelukke gewees het. Ons paaie is in n toestand, maar jy moet jou spoed daarby aanpas en dan is daar soveel mense wat nie bestuurslisensies het of ooit moes gehad het nie.

Deon ·

Ek dink ons land se probleem is eerste wêreldse motors word op tweede wêreldse paaie deur derde wêreldse mense bestuur!!

riana ·

Mooi gestel Deon. En hulle ry mos nie daardie paaie nie. So hkm sal hulle worry hoe lyk die klein dorpies se paaie. Solank Gauteng se paaie reg is dan is die saak reg en waar die blou ligte kan jaag dan is dit goed.

JD ·

Francis, daar is ELKE DAG ongelukke op hierdie betrokke pad ons lees of hoor net nie daarvan nie al hoekom dit nou nuus haal is omdat dit vyf mense op een slag en Lesotho burgers is. Welkom en onliggend is vol van Lesotho burgers!

sioux ·

net so Ben. n paar jaar gelede het die regering met n groot geskal aangekondig voortaan sal n kode 10 lisensie nie meer n kode 8 voertuig kan bestuur nie. was ook weer net lippetaal.

Rosendal de Beer ·

Aan Maroela. Die R26 is ver van Rosendal en Senekal. Ek besef dis aanhaling, maar was ongeluk op R70 of elders? Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.