Vyf wat glo kluis wou opblaas se saak voor hof

Die ploftoestel waarop daar beslag gelê is. Foto: Valke

Die vyf mans wat na bewering beplan het om ʼn kerk se kluis op te blaas omdat hulle gedink het die kluis bevat kontant en Krugerrande, het Woensdag weer in die hof verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Hamilton Mathebula (38), Mthabeleng Mngwenya (29), Bheki Nkosi (30), Mthombisi Vicent Hlongwane (25) en Sbongile Eddie Nkosi (25) het in die Kabokweni-landdroshof in Mpumalanga op ʼn aanklag van besit van ʼn ploftoestel verskyn.

Die saak is tot 19 Mei uitgestel vir hul formele aansoek om borgtog.

Die verdagtes bly in aanhouding tot dan.

Maroela Media het vroeër berig die vyf mans het glo beplan om die kluis van ʼn kerk in Chweni in die Kabokweni-omgewing op te blaas. Hulle is Vrydag op pad na die kerk deur lede van die Valke, die Kabokweni-SAPD en lede van die polisie se taktiesereaksie-eenheid vasgetrek.

Volgens Sekgotodi is daar op ʼn ploftoestel asook ʼn BMW-voertuig beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scalla ·

Laat my dink aan die dom blond tydens haar weermag dae wat n sekere voertuig moes gaan opblaas, sy kon dit nie regkry nie, die warm uitlaatpyp het haar mond gebrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.