Vyf wat paartjie wreed vermoor word dán verhoor

hof-hamer

Argieffoto.

Die verhoor van die vyf mans wat in hegtenis geneem is nadat ʼn paartjie ontvoer, die vrou verkrag en albei vermoor is, sal middel volgende jaar begin.

Die mans het Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn vir die voorlopige verrigtinge voordat ʼn datum vir die verhoor geskeduleer is.

Staatsaanklaer Carla Britz het aan regter Carla Van Veenendal gesê die volgende beskikbare datum vir die verhoor is op 21 Mei 2018. Geen beswaar is teen die datum gemaak nie.

Vier van die mans het met hul koppe na onder gesit terwyl die voorlopige verrigtinge voortgegaan het. ʼn Vyfde verdagte in die saak was nié in die hof nie, maar is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

Die mans, tussen 22 en 26 jaar oud, word aangekla van moord, ontvoering, verkragting en roekelose en nalatige bestuur. Jeanette Cindi (34) en haar vriend, Lungelo Buthelezi (31), is wreed vermoor toe hulle huis toe gestap het nadat hulle die aand gekuier het. Buthelezi is glo deur ʼn taxi raakgery. Die verdagtes in die taxi het glo gestop en gesê hulle sal die beseerde Buthelezi hospitaal toe neem. Cindi, wat vyf maande swanger was, is herhaaldelik verkrag, gestenig en aan die brand gesteek. Buthelezi is ook gestenig en aan die brand gesteek.

Vriende, familie en lede van die gemeenskap was ook Vrydag in die hof om ondersteuning te bied aan die familie van die oorledenes.

Al vyf mans sal in gevangenisskap in Johannesburg bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Martie ·

Die doodstraf moet terug gebring word n lewe vir n lewe en klaar.Geld kan alles koop maar nie n lewe nie.Die straf vir moord is ook te lig vandag .

CG ·

Wat is die vyf se name? Hoekom is daar nie massahisterie oor hierdie gruweldade nie?

Popeye ·

Hierdie is net nòg ‘n geval van die “siekste siek” waarin hierdie treur-land se moraliteit verval het. En nee, dit is nie die Ja-stemmers se skuld nie.

Janee swaer ·

Dit is nie die ja-stemmers se skuld nie.
Dit is deel van die gevolg van ja-stemmery.

Elsabie ·

Dis wreed, daar is nie meer menslikheid in hierdie wereld oor nie. Hoop hulle word swaar gestraf vir hulle dade.

Alida ·

Genade geen mens doen soiets nie. Hoop hulle kry 3X lewenslank. Ons pleit vir die doodstraf val op dowe ore. Die tronke kan nie meer die getalle huisves nie en dit kos ons miljoene om hierdie gemors aan die lewe te hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.