Vyf weer in hof na gru-moord op polisiebeamptes

(Argieffoto)

Vier mans en ‘n 16-jarige seun wat aangekla word van die gru-moorde op twee polisiebeamptes se borgtogverhoor sal later die maand plaasvind.

Benjamin Jacobs (42), Jeremiah Mongale (26), Rapulana Keikantse (25), Matthews Modukane (20) en die minderjarige staan tereg op aanklagte van moord, kwaadwillige saakbeskadiging en die besit van ‘n gesteelde vuurwapen.

Hul borgtogverhoor sal op 13 Oktober in die Itsoseng-streekhof naby Lichtenburg in Noordwes begin. Die staat sal borgtog teenstaan.

Die verdagtes staan tereg vir die moord op konst. Simon Ngakaemang Ntsekeletsa (50) en sers. Mojalefa Horatius Molete (42).

Die twee beamptes het einde Julie op ‘n klag van veediefstal in Mareestane reageer en is kort daarna as vermis aangemeld nadat hulle nie teruggekeer het nie. Hul verkoolde liggame is agterin ’n verbrande polisievoertuig in Ganyesa gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eugene ·

Hoekom tyd mors met borg verhoor? Moorde soos hierdie moet geen borg toegelaat word

Swerwer ·

Hoekom word borgtog nog oorweeg. Dit is moord en hul moet sit. Eintlik moet die doodstraf terug gebring word
want hul verdien wat hul aan ander doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.