Vyf weer vas ná groep uit aanhouding ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Atamelang in Noordwes het vyf van die ses verdagtes wat Sondag uit aanhouding ontsnap het, weer in hegtenis geneem.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is Maandagmiddag in Stella in hegtenis geneem nadat daar inligting ontvang is oor waar hulle hulle moontlik kon bevind. ʼn Vuurwapen en twee selfone wat van ʼn polisiebeampte gesteel is, is glo in hul besit gevind.

Volgens Mokgwabone het die verdagtes omstreeks 18:00 Sondag ontsnap nadat hulle ʼn polisiebeampte oorval en sy dienspistool by hom afgeneem het. Die verdagtes, Sunnyboy Kealeboga Mokgosi (21), Thabang Gilbert Tladi (20), Thabang Sox Jacob Mosweu (18), Thabo Moreki (19) en Thabang William Montwedi (19), staan reeds tereg op verskeie aanklagte waaronder roof en moord.

Mokgwabone het gesê die polisie soek intussen steeds na die sesde verdagte, Thabo Moreki. Die ander vyf verdagtes sal na verwagting binnekort in die Atamelang-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit aanhouding. ʼn Interne ondersoek word intussen gedoen om te bepaal hoe die verdagtes daarin geslaag het om te ontsnap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zahn ·

Klink of Sunnyboy twee skote afgetrek het, een miss fire gehad het, en toe weer geskiet het.

tina ·

Baie kommerwekkend die ouderdomme van hierdie jongmense..baie van hierdie kinders het seker groot geword in enkelouerhuise of ouerloos, dat die grootouers ( die tendens van hulle kultuur ) moet instaan vir opvoeding. Meeste van hierdie grootouers is moeg en kan nie meer die plek van ‘n rolmodel vul nie asgevolg van die roekelose en rebelsheid van tieners, terwyl – en ek veralgemeen nie – hardloop die biologiese ouers weg van hul verpligting en verantwoordelikheid teenoor hierdie kinders.
Voeg nou nog hierby dat van hul nie grootword in christen-huise nie, WAT DIE FONDASIE en ANKER van hul lewe moet wees.
Ek kyk om my rond en sien dat die mens ongeag ras, taal en kleur met die lewe aangaan van die tydelike en nie na ‘n dieper verhouding soek met die Skepper wat ALLEEN bestendigheid in elke area van die mens se lewe gee..NET die Here kan ons land en sy mense help om met ons hele hart,siel en gees, terug te draai na Hom, MAAR daar MOET ‘n wils verandering by die mens wees

CHRISTA ·

Tina, daar sê jy dit self: NET die Skepper kan jou bestendigheid gee – nie waar jy gebore is of wie jou ouers is nie!! Vele mense het voor/tydenss/na die oorloë sonder ouers grootgeword en hulle het nie kriminele uitgedraai nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.