Vyf winkels brand in Johannesburg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Brand het Maandagoggend by ʼn winkel in Johannesburg se middestad uitgebreek en vinnig na vier ander winkels versprei.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die stad se nooddienste, het gesê niemand was in die winkels nie. “Brandbestryders is steeds op die toneel om die brand te blus,” het Mulaudzi gesê.

Die oorsaak van die brand, wat omstreeks 06:00 aangemeld is, is nog nie bekend nie.

Die vyf winkels is langs Bree- en Mooistraat geleë.

Superintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die stad se metropolisie, het gesê verkeer in die gebied word herlei. Hy het gesê die brand het groot skade aangerig. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.