Vyf wou landuit met R70 miljoen kontant

Argieffoto

Argieffoto

Doeanebeamptes by OR Tambo Internasionale Lughawe het vyf persone voorgekeer wat R23 miljoen en US$3.775 miljoen in kontant by hulle gedra het.

“Die persone was op pad na Dubai,” het Luther Lubelo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Maandag gesê. “Die kontant was in hul bagasie en rugsakke versteek.”

Die passasiers was geskeduleer op United Arab Emirates Vlug EK766.

“Die passasiers is geïdentifiseer danksy ʼn risikoprofiel deur SAID-beamptes en hulle is aangekeer toe hulle om 21:45 op die vliegtuig wou klim,” het Lubelo bygevoeg. “Die vyf persone het probeer om na die hek terug te hardloop toe hulle die SAID-beamptes opgemerk het.”

Die passasiers het agt bagasiesakke en vier rugsakke by hulle gehad. “Die hek is toegemaak en die passasiers moes wag vir die beamptes. Een van die passasiers het tydens ondervraging erken hy het ongeveer R100 000 kontant en sy medepassasiers het ook kontant aan hulle. “Hulle is teruggeneem na die doeane en SAID het beslag gelê op 11 sakke vol kontant.”

Volgens Lubelo is die groep nie in hegtenis geneem nie. “SAID het die saak aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank oorgegee om te bepaal of daar enige kriminele verband is met kontant wat hulle uit die land wou neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

kobus pieterse ·

Daar is baie agter die storie meer as wat ons dink.Hoeveel miljarde al in 21 jaar land uit is met n korrupte regering weet ons nie maar ek dink dwelms kan ook n rol speel

Johann Marx ·

Hierdie is ‘n druppel in die emmer……JZ en sy makkers het ‘n geldstroom UIT die land uit gevestig toe hulle vir die Chinese ‘n klomp “China Malls” gegee het. Daar waar GEEN kwitansie uitgereik of net kontant aanvaar word, met GEEN BTW nommer nie. Elke naweek stap ons Suid Afrikaanse mammies en hulle dogtertjies daar rond, en gee pappie se hard verdiende inkomste net so vir die Chinese…..Dink julle daardie geld word terug in ONS ekonomie geploeg? Dis een dik stroom reguit China toe!!!

SNEL ·

Goeiste, wat n bedrag. Pleks hulle maar so bietjie vir my gegee het voor hulle wou klim op die ” groot voël”, nou is hulle alles kwyt en die staat sit seker nou met als. Dis nou te sê as daar nie van die lughawe tot waar dit moet kom iets met dit gebeur nie en dit in ander se sakke beland nie. So groot bedrag kon glad nie op n eerlike manier bekom geword het nie….wonder watse entrepreneurs is hulle?

poplap ·

Met Dubai as bestemming, wil dit lyk asof die manne met die planne van iewers uit die Arabiese en/of Oosterse omgewing is.

cecilia ·

Net die liewe Vader kan ons uit hierdie sodom en gamorra help.

Dan ·

Nie inhegtenis geneem nie? So daar is nie n vermoede nie. Of weet hulle wat ons nie weet nie.

ladybug ·

Hulle het al sekerlik voorheen weggekom daarmee en nou hul rieme styf geloop. mens kan maar net wonder waar kry hulle soveel geld …

ek sal my bank rekening nommer stuur dan kan die .8 ZAR maar in my rekening betaal word .. He-he!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.