Vyfde eksminister bedank

Argieffoto: Rejoice Mabudafhasi

Rejoice Mabudafhasi, voormalige adjunkminister van kuns en kultuur, het ook as ANC-LP bedank.

Sy is tydens pres. Jacob Zuma se onlangse kabinetskommeling uit haar amp as adjunkminister ontslaan en is een van verskeie ministers en adjunkministers wat bedank het ná die hervorming. Mabudafhasi is deur Maggie Sotyu vervang.

Adv. Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van staatsdiens en administrasie, het op 31 Maart met onmiddellike effek ook as ANC-LP bedank.

Sy bedanking volg op dié van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, en Dipuo Peters, voormalige minister van vervoer, wat ook vroeër as LP’s bedank het.

Lungisa Fuzile, direkteur-generaal van finansies, se bedanking is ook vroeër deur die Tesourie bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

j ·

Maar die res van die kader handpoppe SIT en KLOU vas! Nie n manier wat hulle sal.laat gaan wat hulle skep nie, en dit sluit in die “bemagtiging” van al.die ZUMAKIES deur NUMBA WHONE!

cor ·

Dit is die eerste keer dat ek van haar hoor, sy het seker nooit uitbeweeg uit haar kantoor en met kuns en kultuur doenig gewees nie toe dink die Pres. die pos is vakkant en stel toe vir Maggie aan.

Nico K ·

Ek persoonlik voel dat hierdie mense moes nie bedank het nie. Hulle moet in die kabinet bly en daar druk op Zuma uitoefen. Dit help nie ons hou optogte nie. Die enigste manier hoe Zuma gedwing kan word om te bedank is as die ANC koukus hom kan uitstem.

WDP ·

dalk word hulle afgepers om te bedank – baie geraamtes in die kas

Scalla ·

So stadig maar verseker val die wiele van die soustrein af.

Theresa ·

Ek weet darem nie, Scalla. Dalk bly die laaste wiel nog in gebruik so hardloop-hardloop – mense gee nie maklik soveel luukshede prys nie.

vermeende ·

Hoekom is dit nuus op n Afrikaanse nuusblad, haar teenwoordigheid of afwesigheid in die parlement dra niks by tot my veiligheid, kultuur of taal nie?

Johnny ·

Ekt gedink jy moet SELF loop as jy afgedank is . as jy ‘n EKS minister is, hoekom moet jy bedank? Moet jy nie net jou handsak pak, jou ampsmotor teruggee en waai nie?

SP ·

Maroela media,dalk moet julle hierdie artikel reggstel,sy was nie n minister nie maar wel n adjunk minister.

Mariné Lourens ·

Dagsê SP

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Niklaas ·

Hulle bedank want hulle is te bang om teen Z te stem met die mosie van wantroue. Geen rugraat.Hardloop weg. Die sakke is klaar vol geld.Tyd om weg te hol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.