Die liggaam van ʼn vyfde hawelose man is Woensdagoggend by ʼn bushalte in Muckleneuk in Pretoria gevind.
Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, is die man se liggaam by die bushalte sowat 400 meter van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se hoofkampus in die stad gevind.
Vyf liggame is binne net ʼn paar weke in verskillende dele van Muckleneuk, naby die Pretoriase middestad, gevind. Al vyf van die slagoffers was mans, middeljarig, haweloos en is deur die nag vermoor, het Peters gesê.
Lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, speurders en kenners, wat patoloë en kriminele sielkundiges insluit, is aangesê om die ondersoek na die moorde te prioritiseer.
Maroela Media het vroeër berig twee mense is dood aangetref in Muckleneuk se gewilde Magnoliadal-park. ʼn Man is ook dood gekry in ʼn veld naby die Mearspark-treinstasie, ongeveer 2,8 km van dié park. Die liggaam van die vierde slagoffer is gister op ʼn sypaadjie op die hoek van Justice Mahomed (Walker/Charles)‑ en Troyestraat gevind.
Die polisie in Pretoria het sedertdien ʼn beroep op hawelose mense gedoen om in groepe te slaap.
“Sonder om paniek onder gemeenskappe in veral die Muckleneuk-omgewing te saai, wil die polisie die publiek maan om waaksaam te wees teen hierdie nagtelike bekruiper wat op weerloses teer. Ons, as die polisie, moet dadelik werk hiervan maak en verseker dat dié waansin beëindig word,” het lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, gesê.
Mawela sê die polisie probeer intussen skuilings vir haweloses in die gebied reël.
Enigiemand met inligting rakende die moorde word versoek om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
Ago shame.
Jy is reg. Google “iq and the wealth of nations”. Dan vra ons hoekom nie net SA nie maar die hele Afrika so verarm en verval.
Die is nie ‘n “nagtelike bekruiper” nie. Dit is ‘n moordenaar wat los is en wat nie bang is om dood te maak nie. Dink net as die moordenaar links en regs dood maak, wat sal hy doen as hy moet inbreek by jou huis? Sal nie twee keer dink om jou en jou gesin te vermoor nie!
En nêrens is daar CCTV kameras nie?
@ Jonathan, interesante obserwering wat jy maak.