Vyfde Sibanye-mynwerker steeds gesoek

Argieffoto

Die soektog na ʼn vyfde mynwerker wat steeds by Sibanye-Stillwater se Kloof Ikamva-skag naby Westonaria suidwes van Johannesburg ondergronds vasgekeer is, gaan steeds voort.

Sibanye het laat Dinsdag bevestig dat die liggaam van ʼn vierde mynwerker na die oppervlak gebring is nadat spesialis-reddingspanne dit vroeër die dag in ʼn verlate afbouplek in die skag aangetref het.

Vyf mynwerkers is Maandag in dié verlate werksarea dood, vermoedelik weens onvoldoende ventilasie. Die liggame van die eerste drie mynwerkers is reeds Maandag na die oppervlak gebring. Sibanye het gesê ʼn volledige ondersoek na die voorval sal gedoen word.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het intussen gesê die maatskappy moet aanspreeklik gehou word vir die dood van die mynwerkers. Die National Union of Mineworkers (NUM) het reeds Maandag gesê die vakbond is onthuts en bekommerd oor die koers waarteen mynongelukke by Sibanye-Stillwater-aanlegte plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mynopmeter ·

Skynbaar het sy edele Mantashe ook op/in ‘n myn gewerk en weet dus presies waarvan hy praat. Hoe is daar vasgestel van die vermiste werkers? Gedurende my tyd was niemand toegelaat om ondergronds te gaan sonder ‘n koplamp waarvoor jy persoonlik verantwoordelikheid aanvaar. Sou al die kopligte nie terug wees (in die lamphuis) wanneer die skiet (met dinamiet) van die afboufront moet plaasvind, dan word alles net daar gestop en begin die soektog na die vermiste(s). Nou kos dit die myn miljoene Rand aan produksie en wat daarmee gepaard gaan. In soverre ek bewus is is dit nog steeds die beste metode van veiligheid. Kortweg is jy as mynwerker aanspreeklik vir jou eie veiligheid. Daar is dus ‘n vraagteken oor wat gebeur het omdat dit nie ‘n enkele werker was? Berus dus daarby om eers die ondersoekspan kans te gee om vas te stel oor die hoekom’s en waarom’s voordat kommentaar gelewer word en eise gestel word. Gewoonlik staan die beste stuurman aan wal . . .

GM ·

Ek verstaan nie hoekom die maatskappy aanspreeklik gehou moet word nie? As dit waar is dat hulle by dele ingegaan het wat verbode is, is dit mos nie die maatskappy se skuld nie? Dis tragies dat hulle hul lewens verloor het, ongeag wat die oorsaak was, maar dit help nie om ‘n maatskappy te sink en duisende sonder werk te laat sit omdat ‘n paar nie die reëls gevolg het nie. As dit die maatskappy se skuld is, ‘by all means’, dagvaar hulle… Maar moenie net strawwe uitdeel aan maatskappye weens nalatigheid van die werker self nie.

EK ·

NUM is onthuts en bekommerd oor toenemende myn ongelukke. Hulle was in n verlate werksplek. Hulle het oortree deur te wees waar hulle nie hoort. Waarom word die oorsaak nie aangespreek nie. Begin by oorsprong van die kwaad. Laat die werkers die rekening betaal vir die reddingspan. Hulle moet nou mos ook pa staan vir hulle onverantwoordelike optrede. Misdaad moenie bemagtig word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.