Vyfde skool in Malamulele afgebrand

‘n Gebou by ‘n hoërskool in Malamulele is Maandagaand, 2 Februarie 2015 moontlik aan die brand gesteek Foto: Twitter

‘n Gebou by ‘n hoërskool in Malamulele is Maandagaand, 2 Februarie 2015 moontlik aan die brand gesteek Foto: Twitter

ʼn Skool in Xigalo, naby Malamulele in Limpopo, is Woensdag in die vroeë oggendure gedeeltelik afgebrand. Dit is die vyfde skool wat sedert Januarie in die gebied aan die brand gesteek is.

“Polisiebeamptes het die gebied omstreeks 05:00 gepatrolleer toe hulle rook opmerk,” het kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, gesê. “Hulle het gaan ondersoek instel en gesien Katini High School brand.”

Sy het gesê die brand is onder beheer gebring en slegs ʼn biblioteek of ʼn stoorkamer vol boeke is beskadig.

“Die oorsaak is nog nie bekend nie, maar brandstigting word vermoed,” het sy gesê.

Die polisie stel ondersoek in of die voorval verbind word met voortslepende gewelddadige betogings in Malamulele oor die afgelope paar weke waar inwoners op hul eie munisipaliteit aandring.

Die inwoners voer aan die Thulamela-munisipaliteit lewer hoofsaaklik dienste aan gebiede waar Tshivenda-sprekers bly, en nie aan die Xitsonga-sprekers in Malamulele nie.

Die Munisipale Afbakeningsraad het egter in Januarie gesê Malamulele kwalifiseer nie vir sy eie munisipaliteit nie.

Lees vorige berigte oor Malamulele op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Ek voel dat hierdie betogings net vernietigingstogte is. As die inwoners die skole afbrand, moet daardie skole nie herbou word nie, laat die inwoners dan self vir hulle kinders skole bou op hulle eie onkoste. Hulle is nie tevrede met die diens van Munisipaliteite nie, nou moet die skole dit ontgeld en dit was hulle eie keuse om te stem vir ‘n swak regering wat net lippe taal spreek met groot beloftes, en dan geen dienste lewer nie

Wayne ·

Hulle kla oor hulle agterstand, en dat hulle nie geleerdheid kry nie. maar brand skole af. tipies

JoeV ·

Dit klink soos multi kulturele vermenging wat skeefloop tussen die Tshivenda-sprekers en die Xitsonga-sprekers.
Nog nooit regtig gewerk nie.

Asjas ·

En as jy Afrikaans-sprekend is help GEEN munisipaliteit jou nie. Moet Afrikaans-sprekende mense nou ook begin skole afbrand?

POP ·

Ons krag en water is met R2000 opgestoot. Ek dink ons moet ook begin goed afbrand, begin met die munisipaliteit dan eskom kantore en dan skole. Vrek om te weet of dit gaan werk. We cant beat them so better join them.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.