Vyfde verdagte (18) vas ná moord op tiener

Argieffoto

ʼn Vyfde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 17-jarige seun wie se liggaam Sondag in die vroeë oggendure op ʼn strand in Port Elizabeth aangetref is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyfde verdagte (18) het homself Sondag aan die polisie oorgegee.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is Sondag teen 04:45 in kennis gestel van ʼn liggaam wat op die Hobie-strand in Summerstrand lê. By polisiebeamptes se aankoms op die toneel het hulle die liggaam van die tienerseun aangetref met ʼn steekwond in sy bors. Die oorledene is later as Curtly Alexander geïdentifiseer.

ʼn Moordondersoek is begin en teen 13:45 is drie tieners van Arcadia in Bethelsdorp in hegtenis geneem. Die vierde verdagte, ook van Arcadia, se ma het hom na die polisiestasie gebring.

Die verdagtes sal onderskeidelik vandag en môre in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

WP ·

Dit is so hartseer om te dink dat daar n Ma en Pa sonder n kind moet die jaar Kersfees hou……
Maar dis die realiteit waarin ons lewe vandag……proudly gesponser deur die regering van RSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.