Vyfde verdagte vas ná ontsnapping uit Gauteng-hof

Die twee verdagtes wat steeds soek is. Foto: SAPD

Die twee verdagtes wat steeds soek is. Foto: SAPD

Die vyfde van sewe gevangenes wat op 8 Junie uit die Lenasia-landdroshof se aanhoudingselle ontsnap het, is in Eldoradopark in hegtenis geneem.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het op sy Facebook-blad gesê Romeo Beukes is vasgetrek, met twee verdagtes wat steeds soek is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Beukes en ses ander gevangenes het ontsnap nadat hulle in die hof verskyn het op aanklag van roof met verswarende omstandighede. Die gevangenes het glo die polisiebeamptes wat by die selle aan diens was oorrompel en die deur afgebreek om te ontsnap. Hulle het verskyn vir misdade wat in Lenasia, Eldoradopark en Ennerdale gepleeg is.

Mpho Ramatsoale is op 9 Junie in Ennerdale weer in hegtenis geneem terwyl Luvesh Veerasmy en Brendon Paul by hul huise in Lenasia vasgetrek is. Johnson Leroy is Woensdag in Eldoradopark in hegtenis geneem. Die polisie is steeds op soek na Dumisani Selepe en Thabiso Sebelwane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Hoe kon hulle die DEURE afbreek? Kon niemand dit hoor nie? Of is ons polisie deesdae nie net BLIND nie maar DOOF ook?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.