Vyfde vermeende transitorower vas ná moord op twee polisielede

(Foto: SA Polisie)

Nóg ʼn verdagte is agter tralies nadat ʼn mislukte transitorooftog vroeër vandeesmaand die lewe van twee polisielede geëis het.

Die 38-jarige verdagte is Maandag aangekeer nadat hy in besit van ʼn gekaapte motor in Rustenburg betrap is. Hy verskyn na verwagting Woensdag in die landdroshof in Mahikeng, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Ao. Delene Grobler-Koonin (44).

Altesame vyf verdagtes is nou agter tralies ná die rooftog.

Maroela Media het vroeër berig AO Delene Grobler-Koonin (44) en speursers. AO Herbst (42) is dood toe ʼn bende transitorowers op ʼn geldwa in die omgewing van Mahikeng in Noordwes toegeslaan het.

Lede van die polisie se spesiale taakmag het gereageer nadat ʼn gewapende bende in die omgewing van Mahikeng op 5 Maart op ʼn geldwa losgebrand en die bestuurder gedwing het om stil te hou. Die rowers was net besig om die geldwa met plofstof oop te blaas toe die taakmag toegeslaan het.

Twee van die rowers se voertuie het voor die Valke se taktiese operasionele bestuurseenheid (Toms), waarvan Grobler-Koonin ʼn lid was, te staan gekom. Sy is in ʼn daaropvolgende skietery dood.

Sers. Wynand Herbst (42).

Die soektog na verdagtes het die polisie ook na Coligny gelei, waar van die verdagtes by ʼn vulstasie voorgekeer is. Die rowers het met AK47-aanvalsgewere op die Toms-lede losgebrand en Herbst is doodgeskiet.

Tydens dié skietery is drie verdagtes doodgeskiet en twee gewond. Volgens Mulaudzi verskyn die vier verdagtes wat vroeër in hegtenis geneem is in April op aanklagte van moord, poging tot moord, die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, asook roof met verswarende omstandighede.

Die polisie het hulle geïdentifiseer as Jabulani Yika (38) van Heidelberg, Phahlane Ngubeni (47) van Katlehong, Musa Mkhabele (34), ook van Katlehong, en Tafere Dimmissie (38) van Ethiopië.

Die rowers wat doodgeskiet is, is Tefo Motsewakhumo (27) van Mahikeng, Themba Hlatshwayo (38) van Katlehong en Tshepho Mokoena (37) van Orange Farm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Yvette ·

Die wiel draai. So bly hulle word een vir een aan gekeer. Mag julle tronk dae baie swaar wees.

Jan ·

Ja dis waar dis n goeie observasie.neem ook in ag dat slegs wit lande tans in isolasie is teenoor china wat al weer volsroom aan due produseer is…wat is aan die gang skielik het wuhan geen koronagevalle nie

[email protected] ·

Goeie more Maroela Redaksie,

Die twee ooledenes was kollegas van my en Wynand is bevorder na die rang van Adjudant-Offisier ‘n rukkie voor sy dood. Ons minister van Polisie het dit so bevestig by sy Kerkdiens en die inligting was so vervat in die Rekord Koerant ook. Sal julle asb in die vervolg na Wynand Herbst as A/O kan verwys.
Vir ons polisielede is dit nogal ‘n teerpunt want hy verdien die erkenning vir sy harde en onbaatsigtige werk. Dankie

Christel Cornelissen ·

Dagsê Tania
Baie dankie vir die boodskap. Ons pas die berig dan ook so aan.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

Piet ·

Baie dankie aan die SAPD wat nie huiwer om hul werk te doen nie.
Verban alle Buitelanders uit SA uit. Die misdaad sal dan met sekerheid afkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.