Vyfde vlaag gedryf deur twee subvariante

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê twee nuwe Omikron-subvariante dryf nou ʼn toename in nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die hoogs oordraagbare Omikron-variant, wat in November verlede jaar vir die eerste keer geïdentifiseer is, is die dominante variant in die land en verantwoordelik vir die meeste van die nuwe gevalle.

Dit is lank reeds bekend dat Omikron verskeie subvariante het, met BA.2 wat verreweg die mees dominante subvariant is.

Nou het wetenskaplikes nóg twee subvariante van Omikron geïdentifiseer, naamlik BA.4 en BA.5, en hulle meen dat dié subvariante waarskynlik verantwoordelik is vir die nuwe gevalle in die land.

In sy jongste epidemiologiese verslag het die Verenigde Nasies (VN) se gesondheidsagentskap gesê die subvariante het ʼn paar bykomende mutasies opgedoen, wat hul eienskappe kan beïnvloed.

“Dit is egter te gou om te weet of hierdie nuwe subvariante erger simptome as ander Omikron-subvariante kan veroorsaak,” sê Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WGO.

“Vroeë data dui egter daarop dat inentings steeds beskerming bied teen ernstige siektes en dood.”

Kenners het verlede maand aangevoer dat slegs ʼn splinternuwe Covid-19-variant nóg ʼn virusvlaag tot gevolg sal hê. Hoewel die nuwe gevalle ʼn tyd lank afgeneem het, het dit weer einde April die hoogte begin inskiet.

Altesame 6 170 nuwe koronavirusgevalle is teen Woensdagaand in Suid-Afrika aangemeld, vergeleke met die 2 650 nuwe gevalle aan die begin van die week.

‘Blind’ oor hoe virus muteer

Volgens Ghebreyesus is die WGO in effek “blind” oor hoe die koronavirus in verskeie lande muteer.

“Ons weet nie wat volgende kom nie,” sê hy.

Die WGO het amptelik meer as 6,2 miljoen Covid-19-verwante sterftes wêreldwyd sedert die aanvang van die pandemie aangemeld. Die sterftesyfer kan egter veel hoër wees, meen kenners.

Nuwe koronavirusgevalle het wel wêreldwyd begin afneem en is nou die laagste sedert Maart 2020.

“Hoewel ons hierdie tendens verwelkom, vertel dit nie die hele storie nie, aangesien gevalle nou weer in die VSA en Afrika begin toeneem.”

Ghebreyesus het bygevoeg dat die gebeure in Suid-Afrika wys dat toetsing en rangordebepaling absoluut van kardinale belang is.

“Die BA.4- en BA.5-subvariante is geïdentifiseer omdat Suid-Afrika steeds die noodsaaklike genetiese rangordebepaling doen waarmee ander lande nou opgehou het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Zombie ·

Help die ou Zombie uit @Bernard. Wie propageer wat en met watter doel? Jou kommentaar is bietjie skraal en nou weet mens nie presies wat jy bedoel nie. Dankie.

Papsak ·

Hel maar hierdie kenners kan voorspel en ver vooruit sien hou op om ons bang te maak en gevange te wil hou julle klomp kommeniste

Nommer 7 ·

Papsak, aktuarisse kon nog verder vooruit verspel, selfs tot langer as 20 jaar vooruit, nie omrede hul magiese kragte het nie, maar omrede hul kundigheid.

Johan ·

Jaag daai “kundigheid” dadelik uit SA, dan kan hul elders hul katastrofe voortsit.

Jacob ·

Wat die WGO verswyg is dat alhoewel daar in sommige lande ‘n styging in positiewe gevalle is, is die tendens hoofsaaklik ‘n afname in sterftes. Teen vanoggend het Suid Afrika se week tot week positiwiteits gevalle toegneem met 6%, maar sterftes het gedaal met 60%.

Dit wil voorkom asof inentings nie die oplossing bied nie en eerder ‘n negatiewe uitwerking het as daar gekyk word na onder andere ‘n onlangse publikasie van Prof Christine Stabell-Benn van die University of Southern Denmark.

Althes ·

Mense in SA is traag om in te ent, en tog lyk dit dat ons nie ñ hoë doodsyfer het nie

Johan ·

Sluit net ASB die WGO toe vir misdade teen die mensdom. Gemors het genoeg skade veroorsaak.

Carin ·

Stop. Dit. Net. Ons is nie kenners op die gebied van variante nie. En die WGO is “blind”. So wat help dit ons word bombardeer met hierdie nuttelose inligting? Behalwe om angs te skep en ons immuunstelsels af te breek? Natuurlik neem gevalle toe – onder alle siektes. HET JULLE NA ONS TEMPERATURE GEKYK DIE LAASTE RUK?

Samuel ·

Die WGO is daarop uit om wêreldwyd paniek te saai. Hou op om nuttelose inligting te publiseer.

Frank ·

So, vir elke van die 66 variante gaan jy elke keer sieker word? Nadat jy 66 inentings gekry het????? Lekker lag ek nou. Jys reg, die inentings dien GEEN doel nie.

Laksman ·

As leek maak dit wat jy se vir my sin……..nou is my vraag, wat gaan die waks wat Julie verval (die laaste lot)help as dit toegedien word………vir watter variant was dit ontwikkel?

Michael ·

Hulle kon nog nooit die 1e virus isoleer nie, maar hulle identifiseer elke paar maande nuwe variante-kan mense nie meer vir hulself dink nie-dis alles PROPAGANDA

May10 ·

Hier is die 5 hoofsake vir die meeste dood in Suid-Afrika; Malaria maak amper 500 000 mense in Afrika dood n jaar, maar niemand hardloop vir regulasies daar nie.
Tuberculosis;
Diabetes mellitus;
Cerebrovascular diseases;
Other forms of heart disease;
Human immunodeficiency virus (HIV) disease;

May10 ·

Ek wil ook weet.Covid is nie naby so gevaarlik soos Malaria nie, maar tog worry almal oor covis.

VaalDonkie ·

Interessant genoeg kan malaria-medisyne help met die covid

Nettie ·

6 Miljoen uit 7.7 Biljoen is oorlede. Gemiddelde ouderdom van 84 as ek reg onthou. Skrikwekkende syfers, of hoe?

Wat gaan mense doen as daar ‘n pandemie uitbreek waarvan 30% mense sterf? Dws, 3 uit elke 10 wat jy ken?

Jacobus ·

Goeie genade, wat gaan ou Tedros en sy bende nog probeer. Dit het begin as ‘n alarm, later propoganda en is nou al naby kriminaliteit! En die statistiese interpretasie is bedenklik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.