Vyfjarige dood ná honde haar gryp

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ʼn vyfjarige meisie van Witrivier in Mpumalanga deur twee pitbulls doodgebyt is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die traumatiese voorval het omstreeks 17:00 Dinsdag gebeur toe die kind saam met die eienaar van die honde huis toe gegaan het.

“Die polisie se voorlopige inligting is dat die meisie en die 51-jarige eienaar van die honde by die huis gekom het. Die vrou is ʼn buurvrou van die kind se ouers. Die oomblik toe die vrou die hek oopgemaak het, het die honde glo die meisie gegryp en haar doodgebyt,” het Hlathi gesê.

Paramedici is na die toneel ontbied, maar die kind is dood verklaar.

News24 berig dit was glo nie die eerste keer wat die kind saam met dié buurvrou na haar huis gegaan het nie. Volgens die webtuiste het die meisie se ouers ʼn reëling met die buurvrou gehad dat hul kind saam met haar huis toe gaan in die middae totdat haar ouers van die werk af kom en haar kom oplaai. Dit is onduidelik hoekom die honde dié keer die kind aangeval het.

Luidens die nuusberig het beamptes van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging die honde kom verwyder en hulle is van kant gemaak. Weefselmonsters van die diere sal na Onderstepoort gestuur word om te probeer vasstel wat die aanval veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

117 Kommentare

willem Botha ·

Daai tipe honde is soos piranhas en moet verbied word in suid afrika.

Hannes ·

@ willem Botha jy het seker nog nooit a pitbull gehad nie dis hoekom jy so se wel ek het 2 en dis hoe jy hulle groot maak sterkte aan die ouers van die kind mag god julle hand vashou in die swaar tyd

Nicky ·

Hantseer om te lees en voel jammer vir die ouers in die hartseer tyd. Maar breek my hart om te weet hoe baie mense die “breed” nou gaan “judge”.. Daar is baie goed wat kom veroorsaak het dat die hond dit gedoen het.. n Pitbull is baie groot verantwoordelikheid en is nie soos enige ander hond net vir die mooi in die jaard nie. Jy moet baie geduld he en baie “socializing” met ander diere en mense en dis elke dag “training”.
Asseblief moenie die hond “judge” net oor die tipe hond nie.

Nika ·

@Willem Botha, dalk moet jy bietjie gaan oplees en jouself wys maak met feite oor die honde voordat jy so komentaar maak, ons het met Pitt Bulls groot geword en dit hang alles af van hoe jy die hond groot maak, in watse omgewing en omstandighede. Honde wat nie elke dag bloot gestel word aan kinders nie hou nie altyd van kinders nie, Pitt Bulls is wat hulle noem n ‘power breed’ maw hulle kort baie meer aandag en liefde as ander honde. Ek ken nie een Pitt Bull wat aggresief is teenoor oor mense nie maar wel teenoor ander diere. As die meisie met katte of ander diere gespeel het en soos hulle geruik het kon dit ook n baie groot faktor wees hoekom die honde haar gebyt het. Maar ek neem die eienaar kwalik vir die aanval nie die honde nie want eerstens maak nie saak watse tiepe hond jy het nie jy maak hulle altyd eers toe voordat jy n kind in jou erf in bring of vreemde mense want jy weet nie hoe n hond gaan reageer met sekere mense nie, eendag hou my Jack Russel van kinder en die volgende dag grom hy vir hulle, my Pitt Bull is die liefde en vriendelikheid van self en is lief vir kinders, mense en ander diere, die kaans wat my Jack Russell iemand sal dood byt is baie groter. Gaan kyk biejtie op die Facebook groep Gudwulfs Pit Bull Rescue hoe hulle hierdie honde reabiliteer.

Zandrie ·

Willem Botha, ek dink dis verkeerd van jou om so iets te sê. Ek myself het ‘n American Pitbul en het nog nooit so baie liefde van enige ander hond ontvang nie. Sy beskerm my kind so en speel altyd lekker met hom. Hulle het saam groot geword en geniet elke oomblik van mekaar. Moet nooit net die hond blameer nie

Heinrich van Zyl ·

Jy beweeg op ‘n “slippery slope” as jy dinge begin verbied.
Verbied rook, want mense sterf weens longkanker.
Verbied alkohol want dit skeur gesinne uitmekaar.
Verbied “gevaarlike” sporte.
Verbied vuurwapens, want mense word daarmee vermoor.
Waar gaan dit dan stop?

Theresa Lourens ·

In ñ land waar crime en moord seëvier? Oppas. Kry vir jou ñ Yorkie…

Mike ·

Ek stem heeltemal saam daai honde eienaar moet aangekla word van moord. Wat my elke jaar Desember tot in my siel irriteer is die honde eienaars se onophoudelikke gesanik oor klappers maar gevalle soos hierdie waar mense sterf word niks aan gedoen nie.

Sanette ·

Ek stem, Willem! Die tipe honde hoort nie naby kinders nie. En mense kan maar stry soos hulle wil met “dit hang af hoe jy hulle groot maak” SNERT! Dit IS in hulle geaardheid en klaar en niemand sal my anders oorreed nie! Dit is so tragies. My hart gaan uit aan die dogtertjie se familie!

ANONIEM ·

DIT HANG ALLES AF VAN HOE JY HULLE GROOT MAAK , HOU OP DIE HONDE SE NAAM SLEG MAAK HULLE IS DIERBAAR EN LIEFDEVOL.

Piet ·

Nika eintlik hoef Willem nie te gaan oplees nie want jy het sommer self al die redes neergeskryf waarom mens nie sulke honde moet aanhou nie. Pasop net of een van jou kinders ruik na n kat of ander dier, dan is jy dalk nie meer so lief vir hierdie agresiewe ras nie.

Ag seblief ·

Ai hannes jy kan hulle groot maak nes jy wil. Aan die einde van die dag is hulle steeds redelose diere. Daarom hou ek my honde weg van kinders af. My honde ken nie kinders nir. Het nog nooit gebyt nie, maar ek gaan net nie die kans vat nie. My bure het vyf pitbulls en n kleuter wat tussen hulle grootword. Drie uit die vyf was voor hom daar. Ek bid daagliks vir die knaap.

Nush ·

Dis seker so maar wat van rottweilers? Baie kinders is ook al deur hulle dood gebyt? Of hoe?

Natasha ·

Honde (maak nie saak wat die “breed” is nie) byt nie net iemand omdat hul so voel nie. Daars n rede. Honde kan nie praat en hoe hul voel of wat hul pla nie. Pitbulls is wonderlike honde. Enige hond kan enige iemand buit. In n ander berig oor die selke storie is daar gese dit is onduidlik of dit opregte pitbulls is.
Dit gan ni oor die hond nie dit gaan oor hoe hy groot gemaak word en of hy deur die hek geterg is deur kinders of wie okal.

JV ·

Daai honde – soos baie ander diere – word deur mense geleer om so aanvallerig te wees.

Word Wakker ·

Julle kan se wat julle wil, enige hond sal byt – die feit dat ‘n Pitbull sy byt soveel meer krag het as ‘n jack russel is nie sy skuld nie. Jou hond is jou verantwoordelikheid, en so lief soos wat ek vir my Pit en my Worsie is vertrou ek hulle glad nie ek sal hulle altyd toemaak as ons kuier mense kry (veral first time visitors met besige kinders). Ek glo nie dit is altyd die honde se intensie om dood te byt nie maar agv die krag in hulle kaake is dit inevitable. As ‘n haai iemand byt vra julle maar wat het die ou in die see gesoek, of ‘n leeu, hoekom het hy uit sy kar geklim, dis dieselfde, hoekom by enige ander mense se honde ingaan? -ek sal nie my kind by mense laat bly waar honde is nie!!!!! Net my 5c en FYI I LOVE PITTBULLS – – Ek is jammer vir die ouers se verlies

Ekke ·

Hulle moet alle honde eienaars verplig om hulle honde vir training te neem … eestse ding wat hulle leer word is hoe om hulle honde te hanteer wat aanval

Nettie ·

@Mike (êrens hierbo) – in ons plaaslike koerant vanoggend:

“Please Ban the Bang” – meer as 40 honde moes uitgesit word, meer as 30 honde is vermis, honde skeur hul velle van hul lywe af in poging om weg te kom van klappers. Is 1 kind se dood a.g.v. honde se byt enigsins erger as dit? Die honde is buitendien vankant gemaak, hoe kan jy dan sê dat “niks gedoen” word daaromtrent nie? Ek klink miskien onsimpatiek – maar jou opmerking is net so kras.

Phil ·

Willem en Riets, julle het nie n benul waarvan julle praat nie. Ek moet bieg, ek het ook altyd soos julle gedink dat pitbulls net alles wil aanval tot ek self een gekry het. My hond luister en is ook baie lief vir my vrou en my ander diere insluitend n kat wat ons nou die dag gekry het. Ek dink twee pitbulls saam kan moontlik gevaarlik wees want as een aanval kan die ander een instiknktief ook aanval wat dan n probleem kan raak. Maar weereens, dit is wat ek dink en ek kan soos voorheen verkeerd wees. My innige simpatie aan die kind se familie.

LD ·

Ag nee! Nog n arme kind haar lewe kwyt oor aaklige honde! Mense kan maar se dat dit is hoe die honde groot gemaak is maar ek sal stry tot in ewigheid! Van die honde se geaardheid is maar net om aan te val en dood te maak! Dis hartseer nuus, en baie baie sterkte aan die familie. Niks sal die seer van n kind se dood beter maak of wegvat nie, mag die Here julle styf vashou en vertroos!

Frik ·

Hierdie honde word as liefdevol uitgemaak en dan daardie een dag trigger iets hierdie honde en dan ontaard hulle in monsters. Ek moes self n pitbull vankant maak en waarsku almal dat jy kan nie die hond aanhou as jy kinders het nie. Die risiko is net te groot. Die die hond gaan hul byt. Dis net n kwessie van tyd. Due honde moes lankal verbied gewees het.

Qwerty ·

Dit kon enige honde gewees het wat haar gebyt het, en net omdat dit pitbulls was is die hel los. Wat as dit ‘n klomp jack Russells was? Of daai simpel yorkies of bok hondjies? Sure pitbulls is onvoorspelbaar, net soos elke ander Terrier, MAAR DIS NIE DIE HONDE RAS wat so is nie. Verskillende goed trigger verskillende honde om aggressief op te tree. Hulle moenie net kyk na die ras van die honde nie, maar ook die omgewing en wat hulle kom trigger het. Dis baie hartseer dat die dogtertjie daar onder moes ly, en ek kry haar ouers baie jammer

Sanette ·

Qwert, jou redenasie maak nie sin nie. “wat as dit ‘n klomp Jack Russels was” Dit was TWEE pitbulls..nie ‘n klomp nie. En selfs al was dit TWEE jack russels het die meisie nog gelewe met beserings maar nog gelewe! Pitbulls hoort nie naby kinders nie. Klaar. Dit is in hul geaardheid en kan enige tyd met snap ongeag hoe jy hulle groot maak!

Thys ·

Qwerty !! Jy moet definitief jou woorde tel ek sit ook met ‘n hele klompie bokkie hondjies om di waarheid te se 8 van hulle,een jack russel en een mix boerboel rifrug kruising en my klein kinders speel elke dag met hulle beskerm daai kinders in alle opsigte en nog ni vir een dag het daai honde kinders my klein kinders gebyt ni so kry eers jou feite reg dan prt ons weer

Claudie ·

Ek het nog nooit van pitboele gehou nie. Ekt agter mense gebly wat een gehad het, hyt amper elke dag vleis uit mense se bene en arms geskeur, die verkeer was telkemale daar maar die hond was nooit van kant gemaak nie. Rus saggies kleine mensie en sterkte aan haar ouers.

Andrea ·

Sjoe, dan het die mense seker naderhand bittersleg gelyk sonder vleis aan hul ledemate. Moet sê ek sou dalk plan gemaak het voor ek net n geraamte was.

Michael Bouwer ·

Daar was net nou die dag n berig van n lab wat n meisie gebyt het, so moet alle labs nou ook verbied word? NEE! Ons het nie kinders nie, my honde ken nie kinders nie, as gevolg, as mense kom kuier met kinders, skei ek my honde en die kinders, so maklik soos dit. Ek vat geen kans nie. Dis nie die hond nie, dis die eienaar.

Lizelda ·

Dankie Michael Bouwer. Ek stem 100% saam met jou. Jy kon dit nie beter stel nie.

Theresa Lourens ·

Michael, dankie. Pitbulls is meer in die Nuus, want hulle is die Beste Waghonde. Myne sal my met hul Lewens beskerm. Ek weet ek is veilig. Ek het ook die Gesonde Verstand om hulle weg te hou van Kinders(wat ore trek) en Vreemdes af. Hulle is Jaloers op my en my Man. Hulle verafgod ons. Soos enige ander Breed oor sy Baas voel.

oupa vleuel ·

Ai-ai-aaaai tog daar is werklik niemand so blind as hy wat nie WIL sien nie… Is dit dan werklik so moeilik om onderskeid te kan tref tussen die uitsondering en die reel – om te kan waarneem watter persentasie Labradors (of welke ras ookal) mense aanval en doodbyt teenoor die persentasie Pitbulls? “Liefdevolle” Pitbulls het mos darem al genoegsame bewys gelewer dat daar eenvoudig ‘n te groot persentasie van hulle ingebore skisofreniese neigings openbaar deur jou die een oomblik liefdevol te omhels en jou die volgende oomblik net so “liefdevol” te verskeur. En Pitbull-liefhebbers weet dan gewoonlik dadelik wat die hond “getrigger” het, naamlik sy swak eienaar… Wat dan van bykans al die ander rasse se swak eienaars van wie die oorweldigende meerheid honde nie mense sonder oenskynlike rede aanval nie? Ek het soveel simpatie met die betrokke meisietjie en haar mense (en baie-baie ander) dat ek nou al absoluut keelvol is vir Pitbull-liefhebbers se getjank en gesanik TELKENS wanneer NOG so ‘n tragedie aangemeld word. Verskonings is teen hierdie tyd al blatant dom-astrant en ‘n onsensitiewe ontkenning van die werklikheid. Verban ASB die wandelende tydbomme soos baie ander lande ter wereld – of sit maar doodgewoon en wag vir die volgende berig, want dit kom vir seker binne ses maande. Ns.: Ek is ‘n hondeliefhebber by uitstek en ook amateur-afrigter.

Petra ·

Ek haal my hoed af vir u en stem volkome saam… sekere breeds vereis meer aandag en eienaars is verantwoordelik vir die troeteldier. Ek wens eienaars besef dit gouer dat as jy a dier aaneem jy jouself verantwoordelik maak en dat die dier se optrede spesifiek “gelink” is aan sy opbrengs. Ek is lief vir alle honde maar weet dat ek nie beskik oor die tyd, aandag noodsaaklik vir sekere breeds en dus kies ek a breed wat by my pas.

Ann ·

Michael, ek sal graag die berig wil sien van die Lab wat ʼn kind doodgebyt het. Ek het gaan Google maar kry net ʼn 2016 Huisgenoot berig wat verwyder is?
Sterkte aan die ouers xx

Michael Bouwer ·

Ann, google labrador bites girl, daar is n berig op news 24, ek dink dit was 18 Oct 2018.

Anoniem ·

Michael is daardie meisie ook dood? Ek dink nie so nie. En dit se alles oor die verskillende rasse honde…

Stephen Namibia ·

Ja Emily. Manslag. Die eienaar is verantwoordelik vir sy diere!!

Lizelda ·

Dankie Michael Bouwer. Ek stem 100% saam met jou. Jy kon dit nie beter stel nie.

grant ·

Die feit dat jy saamstem maak dit nie reg nie ,n kind is dood en dit is weer n pitbulls die hoeveelste keer al ,ek hou van diere maar stem pitbulls moet verban word .

Lizelda ·

Kyk ou Grant ek sal my opinie en kommentaar gee net soos al die ander EN jy, en ek se dit weeeer. Die eienaar was verkeerd want jy as eienaar moet tog weet hoe jou diere teenoor kinders, vreemdelinge en ander diere optree so WAAROM gaan jy die kans waag om mense, kinders en ander diere in jou tuin toe te laat as jy weet daar is n SKRALE kans dat jou hond mag byt, mmh? So DAAROM SAL ek saam met Michael stem en se dit is die skuld vd eienaar, want ek MYSELF het n pitbull staffie X en daarom ken ek my hond en sal ek nie laat bg. naby my hond kom nie, vir hulle veiligheid en vd veiligheid van my hond. So raak nou rustig ek gee my opinie soos elke ander persoon op die blad…

B ·

Jip, dis die lieftalligste hondjies, het nog nooit eers iemand gebyt – todat dit gebeur ?

johan ·

Ek het n vriend wat n pitbulls gehad het vriendelik en liefdevol groot gemaak en soos n mak leeu eendag omgedraai en sy eie kind vermink..Verbied die aanhou van die honde ras in bewoonde gebiede.

NV ·

‘n Kind is dood en al wat ek sien is kommentaar wat die honderas verdedig? Swak.

Zee ·

My nuutste “rescue” woef wat ons al het van laas winter af, wat ‘n kruis is tussen fox terrior en ons vermoed dalk ‘n labrador het gister uit jaloesie ons klein petite miniatuur Italian greyhound aangeval. Ons almal was gelukkig by die honde op daardie oomblik. Ons het groot geskrik en arme Max het ‘n bytplek op sy een boudjie maar ons almal vergeet honde is maar baie onvoorspelbaar. En dis ‘n “gewone” klein tot medium grootte hond wat baie liefde en aandag kry wat se koppie so uitgehaak het. Ai, my hart seer vir daai ouers.

IE ·

Stem 100% saam. Hierdie honde moet verban word. Sommige eienaars dink dit is die pragtigste diere, maar ja. Geen kind het ‘n kans teen so hond nie. Jy kan jou hond hoe grootmaak as die instink intree is dit verby. Hierdie is veg honde. RIV kleintjie.

Zandi ·

elkeen het maar sy eie kommentaar
al wat ek weet is
NATURE IS OUT OF BALANCE
alles is stukkend
(kyk die seisoene, brande, oorstromings, diere, alles selfs die mensdom!!)
behalwe God
snaakse goed gebeur ek’t my honde met baie baie aandag en liefde groot gemaak
tot die “boerboel gesnap”” het
iets gebeur met die hond en hulle “snap”
die kind het niks verkeerd gedoen nie, fout le wel by die honde ook nie die eienaar nie

HOND ·

Gaan maak asb seker oor die verskillende rasse. PitBull vs American Buldog and Pittbull terrier. Die mense doen baie honde eienaars baie onreg en leed aan omdat hul nie weet van wat se ras hul praat nie en veralgemeen dan en sê dit is n pittbul. Ek het n American Bulldog en sy ge aardheid is niks anders as n English bulldog sin nie, net n groter ras.

Groete

Eugene ·

Jy kan mos nou nie ‘n labrador en ‘n pitbull vergelyk nie? Daar is inherent ‘n geen in ‘n pitbull wat hom aggresief maak en vir een of ander rede eendag net laat snap, maak nie saak hoe hy groot gemaak of geleer is nie.

Laurika ·

Dit kom altyd op dieselfde neer. Een groep mense gaan af oor hoe sleg die spesifieke honderas is, en ander sê weer ja maar dit kon enige honderas gewees het.
My vriendin het twee opregte Pitbulls – die mooiste honde. Juis aangeskaf vir bietjie extra sekuriteit. Maar o wee, die honde is alles behalwe kwaai. Die reun is ‘n nar en vermaakster van formaat en wil net speel en simpel wees en vlieë rondjaag. Die teef wil net op iemand se skoot lê vir liefde. Ek glo helfde van ‘n hond se temperament lê in sy gene – nes ons mense van ons ouers af erf, erf die diere ook. Die ander helfde is hoe jy hom oplei.

Francois le Cochon ·

@@@@@@@@@@@@@@@@@
Vir almal wat Pitbulls het, en hulle as liefdevol beskou. Die volgende berig (en daar GAAN een wees) van ‘n Pitbull wat ‘n kind verskeur, mag dalk jou eie kind wees! Is dit werklik die moeite werd? Is jou kind se lewe werklik minder werd as jou lieftallige Pitbull? Is jy ook een van daardie mense wat se^ “dit sal nooit met my gebeur nie, dit gebeur net met ander mense” Gaan dink mooi daaroor, want ‘n mens kan nie die horlosie terugdraai nie!

Magda ·

My kind is op laerskool deur kennise se hond gebyt en het vandag nog die letsels .. sielkundig Sowell as fisies .. hou julle liefdevolle brakke in julle erf en pas beheer oor die goed toe as julle hekke oopmaak ..

Thys ·

magda ek neem aan jy het ni”brakke” soos jy dit stel ni,my hart uit vir daai kindjie wat haar lewe verloor het sowel as met jaar ouers,ek se as jou honde ni kinders gewoond is ni,skei hulle en di kinders van mekaar deur di honde op/in ‘n plek toe te maak waar hulle ni bymekaar kan uitkom ni totdat di kinders weer na hulle huis toe is ni

Oujongvrou ·

Deesdae is mense se honde al kwaaier, gegewe die toestand in die land. Maak hulle te alle tye toe, weg van ander. Hoe verwerk mens die verlies van n ou kindjie. Dis hartverskeurend seer. Ek bid vir julle sterkte toe.

Wiid Bannister ·

Mense wat nie in aanraking gekom het voorheen met Pitbull honde, sal natuurlik so reageer soos Willie Botha. Want almal word geleer van kleins af dat daardie tipe honde gevaarlik is en veg honde is, maar in teendeel is hul die mees LOJAAL, GEHOORSAAM en LIEFDEVOLLE honde, indien hul reg geleer en groot gemaak word.

Daardie honde is heel waarskynlik geterg deur ander kinders daardie dag en agv daardie voorvalle, daardie onskuldige meisie gegryp.

ek sê maar ·

Tweede laaste paragraaf in berig – dalk het kind die honde gereeld geterg? Ek sê liefs niks maar as mens sekere honderasse aanhou MOET mens sorg dat hul opgelei word. SOWEL as die eienaar. Dis baie erg dat so iets moes gebeur.

Frans C ·

Of jy nou daarvan hou of nie.Pitbulls word wêrelwyd onder die 10 gevaarlikste honderasse
geplaas.Jy kan dan ook die volgende onder ‘ASPCA Policy and Position Statements’ lees.
‘Position Statement on Pit Bulls’
“Today’s pit bull is a descendant of the original English bull-baiting dog—a dog that was bred to bite and hold bulls, bears and other large animals around the face and head. When baiting large animals was outlawed in the 1800s, people turned instead to fighting their dogs against each other. These larger, slower bull-baiting dogs were crossed with smaller, quicker terriers to produce a more agile and athletic dog for fighting other dogs.”

“It is likely that that the vast majority of pit bull type dogs in our communities today are the result of random breeding—two dogs being mated without regard to the behavioral traits being passed on to their offspring. The result of random breeding is a population of dogs with a wide range of behavioral predispositions. For this reason it is important to evaluate and treat each dog, no matter its breed, as an individual.”

Lees gerus die hele ‘statement’.

Zettie ·

Arme arme ouers asook die juffrou…………rus sag meisie. Baie sterkte aan die familie en ander geliefdes.

Jepetto ·

Stel a wet in enige persoon wat enige diere van aard aanhou a bevoegtheid sertifikaat kry so maklik soos dit dit gaan baie probleme oplos en alle diere sal a baie beterder lewe he

Maritza ·

Ons het n pitbull. Beste waghond wat ons nog ooit gehad het. L.W sy bly in die agter kant van ons erf. Die voor kant en agaterkant is van mekaar geskei. Liefdevol en spelerag. Al my kind se vriende kom en gaan in ons erf in en sy doen niks aan hulle nie, behalwe om opgewonde by die hek te staan en wag vir aandag van hulle af. Maar as een spesifieke kind net naby ons hek kom staan haar hare regop, Hoekom, die kind het haar afgeknou en seergemaak toe sy klein was……. so wat nou. Ek maak seker dat die ager deur gesluit is en die sleutel uitgehaal word dat ons hond nie in aanraking kom met die kind nie. Andeers word daar ook nou weer gesê hierdie wreedaardige hond het die kind gebyt maar daar word nie gevra hoekom nie????

Se net ·

Aan die mense met negatiewe kommentaar in verband met pitbulls. Ek persoonlik dink jul is oningelig. Ons pitbull is die lojale, saggeaarde, gehoorsame ens ens reus van n teddie beer. Ek daag jul uit. Kry n pitbull en jul opinie sal verander.

Boas ·

Honde byt nie net sommer nie. En nie Alle Pit Bulls is agresief nie.
As jy Enige hond tart Sal jy gebyt word!
Honde kry altyd die skuld!!

Annamarie Olivier ·

Ek vat nie my kleinkinders of ander kinders naby my honde nie. As jy honde het maak hulle eers toe voordat jy vreemde kinders of mense inlaat, maak dit die reel in elke huis dan sal sulke insidente nie gebeur nie. Die eienaar van die honde is verantwoordelik.

Kloekie ·

Jou gene of n hond sn kan jy nie verander. Sorrie borrie. En nog n ding ek voel jy moet n competency sertifikaat soos met vuurwapens hê asook dubbel hekke met daai vieslike honde. Mag daai ouers miljoene vergoed word om ander arrogante pitbull eienaars te waarsku.

Lindtjies ·

Wat met die dogtertjie gebeur het is ongelooflik tragies. Maar pitbulls is nie slegte honde nie. Dit hang alles van die hond se geskiedenis af. Is dit dalk kruisings of is hulle mishandel of gebruik vir honde gevegte. Kyk gerus na Pitbulls and Parolees op tv. Daar sê die vrou “pitbulls is the most understood dogs”. Hoeveel boerboele, rotweilers en staffies het al mense gebyt. Dit hang alles van die behandeling wat die hond kry af. Kinders moet geleer word om respek vir diere te hê en om hulle nie te terg nie.

Henry ·

Ons het laaaank gelede besluit dat familie, kennisse, bure ens wat Pitbulls, Rotweilers en Dobermans as waghonde aanhou, nie meer op ons besoekerslys is nie. Die betrokkenes is welkom om by ons te kuier, indien hulle sou wou. Indien nie – c’est la vie.

Ons het sedertdien nog nie een keer terug verlang na die betrokkenes se woeste honde nie. Ons eie geliefde brakke verskaf vir donkie jare lank die grootste moontlike plesier, sonder dat daar ooit oor die skouer geloer moet word om ‘n woeste aanval van ‘n onvoorspelbare en aggressiewe honde ras af te weer nie.

Ziona Smith ·

Die maak nie saak watse tipe hond dit was nie en of hul jou geken het nie. Ek was self aangeval deur baster Boerboelle saam wie ek gespeel en swem het. ENIGE hond kan net so draai het ek nou al geleer. Dit is gewoonlik die eienaar wat die honde geweldadig groot maak en net een dag knak hul. Ek het self n pitbul gehad en sy was die wonderlikste hond en ek was NOOIT bang vir haar nie.

Cathy ·

Wil maar net se mense wat dink ‘n yorkie kan jou doodbyt het nog nie my KLEIN hondjie gesien nie. Haar blaf en byt is much ado about nothing.

Maar op ‘n ernstiger noot. Daar is baie gevalle waar seker hondetipes kinders byt ja. Mens verban nie ‘n tipe hond daaroor nie maar as jy weet jy het gereeld aanraking met klein kinders of ouer mense behoort jy nie die tipe hond (wat spesialis “ouers” nodig het) aan te hou nie.
Honde is wilde diere en moet met die nodige respek behandel word. En hulle gedrag is natuurlik om “hunters” te wees en om hulle self en hulle “Tribe” te beskerm. Dis baie hartseer hierdie storie daar is geen wenners nie.. net verloorders… :(

zis ·

My mening – Iets moes die honde “getrigger het. Pitbulls kan baie liefdevolle honde wees, maar moet veral nooit alleen gelaat word by kinders. By baie van hulle speel jaloesie ook `n groot rol.

Noem Net ·

Saam met Pitbulls is Bullterriers ook in die top 10 gevaarlikste honde gelys. Ek het 3 Bullterriers. My 1 x per week huishulp was in die 8 jaar wat sy by my werk, nog nooit deur een van my honde aangeval nie. Maar begin Desember laas jaar is sy aangeval deur een van haar ander werkgewers se baster brakkie en so lelik op haar been en enkel gebyt dat sy met kwaai infeksie in die hospitaal opgeneem was.
ENIGE hond mense, ENIGE hond.

Andrea ·

Jys reg, Bulterriers het ook n slegte naam terwyl hul die beste kinderhonde ooit is. Hang alles af hoe jy hul hanteer en of jou kinders respek vir hul geleer word.
Enige hond kan byt, nie net Pitbulls, Bullies, Rotties of Alsatians nie. Daar is n Chihuahua in ons familie wat gereeld bloed trek.

IE ·

Henry, stem saam met jou. Ek het ‘n klein dogtertjie en kuier ook glad nie by mense wat die rasse besit nie. My kind weet ook, ‘n groot nee, nee om alleen buite in die erf te speel. Hou ook geen groot ras honde aan nie. Ons almal weet in vandag se tyd word sulke honde aangehou vir sekuriteit en word groot gemaak om te beskerm. Dit is elke persoon se eie keuse wat hy wil aanhou, maar wees versigtig.

Raak ontslae van hulle ·

Ek stem. Verban die honde. Hulle is jagters!! Nog ‘n onskuldige lewe daarmee heen.

Jaco ·

Kind vs. hond. Dit is duidelik dat die honde al die aandag geniet. ‘n Kindjie se lewe, die ouers se hartseer en die veiligheid van ander kinders is al wat ter sprake is. Mag die wet toegepas word sodat die oë kan oopgaan en die wanbalans weer herstel kan word.

Hannerie ·

Dit kon enige tipe honde gewees het…… Dit help nie mens ‘judge’ die spesie nie. Sleg vir albei partye want almal het iets verloor…

wonder ·

Mense kom ons oordeel mekaar nie en valmekaar nie net altyd aan nie staan bymekaar en die ouers in so moeilike tyd. Sterkte en mag GOD sy hand oor die familie hou vir krag en genade.

wonder ·

Mense kan ons net vir eens ophou om mekaar aanteval en saam staan, dalk sal die lands omstandighede dan ook verbeter,die familie het ondersteuning nodig. Sterkte aan die familie van die kind mag GOD sy hand oor julle met rus en vrede hou.

Ag seblief ·

Ai hannes jy kan hulle groot maak nes jy wil. Aan die einde van die dag is hulle steeds redelose diere. Daarom hou ek my honde weg van kinders af. My honde ken nie kinders nir. Het nog nooit gebyt nie, maar ek gaan net nie die kans vat nie. My bure het vyf pitbulls en n kleuter wat tussen hulle grootword. Drie uit die vyf was voor hom daar. Ek bid daagliks vir die knaap.

No Dog to be Judge ·

Aangesien almal altyd die Pit Bulls wil Ban – Moet julle die volgende honde ook ban……

10 Meanest Dog Breeds
1.
Chihuahua
2.
Dachshund
3.
Chow Chow
4.
Doberman Pinscher
5.
Dalmatian
6.
Rottweiler
7.
Jack Russell Terrier
8.
German Shepherd
9.
American Staffordshire/ Pit Bull Terrier
10.
Siberian Husky
Pit bulls were not “designed” for dog fights. People made them do it. All of these dogs whom are mean it’s because of the owners. Or if they were raised in a kennel or a pound. If people are kind and loving to the dog the dog will more than likely be kind and loving

Lizelda ·

DANKIE “No dog to be judge” Mense is soooo vinnig om altyd te se die ongediertes, die gemors, en ek is werklik jammer dat n klein kind haar lewe verloor het maar ek sal by my standpunt bly… dit was die eienaar se skuld. Jy as eienaar ken jou hond waarvan hy hoy en waarvan hy nie hou nie so waarom die noodlot op die proef stel as jy weet jou hond hou nie van kinders nie of hy is daai dag nie lekker nie? As n kind verdrink, blameer ons nou die vieslike swembad of blameer ons die ouers wat nie toesig oor hulle kind gegee het nie?? En Grant… Ek sal my opinie lig nes almal hier doen…

Pitties ·

Ek het n Pit bul tefie wat ek van 4 weke af groot gemaak het en n reun wat ek 5 maande terug aan geneem het – Hy is ± 2 jaar oud – Die mees liefdevolste honed ooit – My teef het training gekry. Ek het ook n kind onder die ouderdom van 10. My kinders weet om alle honed met respek te hanteer. Wanneer daar ander kinders kom se ek vir hulle om my honed te respekteer meaning moenie hulle tart/ore of stert trek nie. moet nie op hulle sit of le nie. Jy vat nie aan hulle gesiggies nie en gee ook nie drukkies nie. Af jy vryf dan vryf jy op die ruggie of tussen die ore. Hulle weet ook hulle speel nie buite alleen nie. Ek vertrou my honde met my lewe en my gesin se lewe – want ONS KEN hulle en weet hoe om met hulle te werk. Ek sal nie vreemde mense om my honde los nie. want nie almal respekteer ander mense se honde nie of leer hulle kinders om met honde te werk nie. En nee ek is nie naïve nie ek weet wat n Pit bull kan doen dis hkm ek mooi na my diere kyk en seker maak almal wat binne my yard kom my honde met dieselfde respek hanteer.

Stuiwer ·

Iets moes die honde se optrede getrigger het. Moontlik is hierdie honde in gevegte met ander honde gebruik, en dan is dit jammer dat so iets moes gebeur.

kolla ·

Die goed byt om dood te byt (en hulle slaag meer as ander rasse), dis die verskil tussen hulle en meeste ander honderasse.

Harry ·

Jy het nog nie my Franse Poedel gesien nie ! Laat Pitbull na ‘n skoothondjie lyk !

Anni ·

Ai mense, en hier baklei almal oor honde rasse en mis die punt. Hierdie vrou was ook lief vir haar honde en nie gedink hulle sal iemand skade aanrig nie. As ek reg lees het die dogtertjie gereeld na haar huis gegaan. Dink eerder hoe die eienaar moet voel omdat dit haar honde was, sy moet hiermee saamleef. Dink aan die ouers wat ‘n kind verloor het. Niemand van ons was daar om te sien wat gebeur het nie. Alles is bespiegelinge.

Erica ·

Daar is heeltemal te veel mense wat ‘n pitbull wil hê, of ‘n “vicious”hond maar hulle het geen benul van watter verantwoordelikheid daarmee saamgaan of hulle gee net nie om. Hulle backyard breed, geen sprake van opleiding vir hulle diere of hulle as eienaars. Geen sprake van verantwoordelikheid dan kry die breed die slegte naam. Die mens is die probeem.

Nog een van daai ·

Laurika, ek het gedink my Bullet is uniek. Lyk vreeslik kwaai by die hek met wange wat hang, tande wat uitsteek, maar o wee.
Vliee jag en ALLE mense nat lek doen hy baie goed. 2 Jack Russels byt sy wange stukkend(hulle hang letterlik aan sy wange) en nog steeds wys hy GEEN agressie nie.
Bly om te hoor my Bullet is nie alleen nie.

Martins ·

Dis vir my altyd so interessant hoe mense kan stry oor of ‘n pittbull gevaarlik is of nie. Dan is dit gewoonlik die pittbull eienaars wat sal stry en sê dis hoe ‘n mens hom grootmaak nou dit kan seker waar wees maar ek het nog nooit gehoor van ‘n labrador wat ‘n kind aanval nie al is hy hoe ookal grootgemaak. My opinie ek vertrou nie n pitt-bull by my kinders nie.

Anoniem....... ·

Ek ken die Juffrou en haar familie persoonlik. Almal wil net komentaar gee oor die honde haar 2 honde was die liefde volste diere. Dit was soos 2 kinders in die huis. Hulle is dadelik van kant gemaak. Iets moes hulle getriger het (kinders wat hulle terg/ kinders wat hulle gooi met klippe). Die Juffrou sou haar lewe vir haar kleuterskool kinders gee sy is baie lief vir elke 1. Sy moet nou n sielkundige sien want net sy weet waardeur sy gaan sy kan nie slaap nie . Sy het ook merke soos wat sy baklei het om daai klein kind se lewe te probeer red. Ons harte gaan uit na die kind se familie. Hoop almal wat vinnig is om finger te wys en die slegste goed te se hou dit vir julle self. Die 2 families het nou baie om te verwerk. Sterkte my vriendin vir jou en die kind se familie.

Elsie ·

Liewe Anoniem, ek kan myself nie indink hoe ongelooflik erg dit moes wees om deur die hele trauma te moes gaan nie. Hoe verskriklik moes dit gewees het om te sien hoe hierdie klein mensie (maar 5 jaartjies oud), voor jou oë verskeur word! Waardeur moet hierdie arme ouers en die juffrou nie nou gaan nie? Hoe op dees aarde verwerk ‘n mens so ‘n storie? Dankie dat jy probeer het om vir hierdie mense ‘n stem te gee. Ek sien hier is darem ‘n handjie vol mense wat ten minste ook omgee oor hulle. Mag die Here hierdie mense dra en hulle help om die trauma te verwerk. Sterkte daar, ons gebede is met julle.

LD ·

Liefdevolle honde, huh….? Ag regtig nou! Dan sou hulle nie byt nie! En die kind was al vantevore om die hond…. mense hou op om die honde te wil verdedig! Bly hulle is van kant gemaak, kla bloed geproe en gaan nou al wat n iemand is aanval!

#donthatethebreed ·

Dit is vir my so hartseer om te sien hvl mense die hond judge. Hulle het soveel liefde. Don’t hate the breed. Dit gaan alles oor hoe jy jou hond groot maak. Enige hond kan iemand aanval en begin byt.

Vic ·

Het n lang boodskap gestuur maar is nie gepost nie.ons het al vir jare n pitbull.n seuntjie in n hond se lyf.my dogtertjie van 11 het saam hom groot geword.noem hom haar boetie.kon nie vir n beter hond vra nie.dit is baie jammer vir die ouers wat hul kindjie verloor het maar net so jammer vir die eienaars van die honde vir sommige mense is hulle honde hulle kinders hulle het nou 2 verloor.ja dit is die verantwoordelikheid van die eienaara om hulle honde toe te maak.ek se altyd ek weet goe my hond met my kind is maar ek weet nie hoe gaan hy met ander kinders wees nie.maar dit is ook ouers se verantwoordelikheid om hulle kinders te leer om op te hou om honde te terg.as n kind n ander 1 terg is hulle boelies mar dit is ok om n hond te terg?as n mens n ander mens dood maak dan kry jy n belaglike paar jaar mar as n hond n mens dood maak word hy dood gemaak hoe word dit verduidelik?waar is die diere se regte?n mens weer presies wat hy doen en bepman dit n hond word uit getart en tree dan instinktief op.fiy alle honde byt ander mense se verdomde poedel het my gebyt toe ek by die hek in loop maar die boerboel omhels my????

Trisha ·

Pitsbuls is net soos Staffies die liefdevolste honde. Hulle word nie verniet “The Nany” genoem nie. Hulle is baie lief vir kinders.

Ronnie ·

My diepste meegevoel met die ouers, familie en vriende van die kind wat haar lewe op so aaklige manier haar lewe verloor het. Ek voel ook jammer vir mense aan wie die honde behoort het. Persoonlik is ek nie dol op Pitbulls en Bull Terriers en ander soortgelyke honde nie. Kleiner hond soorte maak beter waghonde en stel nie lewens in gevaar nie. Maar dis my siening.

Jannie ·

My meegevoel aan die families betrokke.
Pit bulls is verantwoordelik vir baie hartseer voorvalle, eienaars moet verantwoordelik geneem word vir hul diere se optrede want hulle bly in ontkenning tot dit te laat is.

Johan ·

Dink aan die dogtertjie se ouers dis baie erg. Dis nie die honde nie dis hul eienaars die diere was op hul plek. Die eienaar moes gekyk het

n mamma ·

n Kind is dood. NIKS wat niemand sê of doen kan haar vir haar ouers terugbring of die verlange en seer makliker of beter maak nie. Ek het ook diere lief, maar werklik, voor jy een of ander twak wil kwytraak, dink vir n slag aan daardie kind, aan haar ouers! Amper al die kommentaar gaan oor n gestry van n ras, regtig mense, is julle so selfbehep en vol van julle egos dat julle nie vir n oomblik julle in daardie ouers se plek kan indink nie?! Mag God daardie mense toevou en dra, my innige simpatie en meegevoel, want as n mamma breek my hart as ek net probeer dink wat as dit my kind was

Kloppers ·

Al wat ek wil weet as n pitbull dan so goeie hond is soos baie dink, hoekom word hulle verban in 12 lande? Bv. Canada, New zeeland, Frankryk, Brazil, Denemarke……..
Dit se baie oor die honde.

Lizelda ·

Of oor die eienaars. :-) As jy nie n Pitbull het nie moet liewer nie kommentaar lewer nie.

Blondie ·

Ons het self ook n red nose pitbull. Pitbulle is nie gevaarlik soos wat baie mense hulle uitmaak nie, dit is hoe die eienaars hulle grootmaak. Pitbulle val nie mense aan nie maar is wel aggresief teenoor ander diere. Hulle is baie liefdevol glo dit of nie. Ons een is soos n kind in die huis, baie stout maar gee soveel joy. Baie van die tipe word verban in ander lande weens hul agressief grootgemaak en getrain word. Wat neerkom op die mensdom wat die eienaars is.

Oom Uncle ·

My hart bloei vir die ouers van die kind .. Maar o weë die pot stomende stink vye wat party mense kwytraak op ‘n vrydag maak my wild . Luister mooi ‘n Windhond is geteël om te hardloop en Foxteriers om jakalse en rotte uit gate te jaag en ‘n VEGhond is geteël om te VEG en is nie ‘n skoothondjie nie en nou is almal verbaas as dit gebeur. Ek het 2 rifrue gehad to ek op n plaas gebly het. Beste honde ooit en meer rinkhalse gevang as enige ander honde , Nie een dag ‘n probleem met kinders gehad nie, Maar ek het hulle toe gemaak as daar vreemde kinders was want sulke goed gebeur, En nou laat my omstandighede dit nuie meer toe nie so ek hou nie meer sulke honde aan nie want 2 groot rifrue op ‘n dorpserf is malligheid

Pitties lover ·

Ek twee Pitties waarmeer ek my hele lewe meer vertrou en my gesin sin. Myne het training ontvang en ek as ouer en eienaar leer my kinders om hulle met respek te hanteer m.a.w nie ore trek ens nie Ek verduidelik altyd vir my kinders n hond kan nie vir jou sê jy pla hom nie hy reageer deur byt. Indien ek gaste kry wat kom kuier vra ek die ouers om asb vir hulle kinders te se hom my honde te respekteer. Weereens nie terg of ore te trek ens nie. DIt is die eienaar se verantwoordelikheid om te sorg dat sy diere met respek gehanteer word deur enige iemand. Jy ken jou hond en sy optrede as jy sien iets is nie reg nie moet nie mense blood stel aan die hond nie. Ek is nie naïve nie en weet alle honde kan enige tyd snap maar ek kan mense leer om my diere met alle respek te hanteer. Ek is jammer vir daai dogtertjie regtig ek is maar ek voel die eienaar moes beter geweet het. Iets moes die honde gepla het daai dag. Ek kan vining optel in my honde se body language iets is nie reg nie dan vra ek daai person om te wag dat ek hulle gaan bere.

PIPPIE LANGKOUS ·

En die 6 maande oue baba in Primrose wat ook doodgebyt is deur ‘n pitty??? Het sy ook die hond geterg??? Dink nie so nie. Willem, jy is reg!!! Iets trigger die honde en dan gebeur dit. Hoekom moet julle maak of kinders wat gebyt word altyd die honde geterg het.
Korrek, Hierdie honde moet verbied word…

3 Varkies ·

“Apparently she took him out of the car and started walking to the house and the dog started attacking Callum in his car chair,” said Ané.” Dalk het die hond gedink dis n toy of iets????????

Vic ·

En wat soek n 6 maande oue baba naby honde sonder toesig??maak ni saak watse hond dit is ni wat weet n baba as om te trek,byt,suig of gryp?daai is uit en uit di ouers of toesighouers.dit kom terug na die volwasse mense teenwoordig.

A Mac ·

Ek is in my vyftigs en vandat ek die eerste keer ‘n hond gekry het was dit ‘n pitbull puppy wat ek self grootgemaak het. Deur die jare het ek altyd pitbulls gehad. Hier is altyd mense en kinders by my huis en nog nooit is een van hulle of enige iemand anders deur die honde gebyt nie, behalwe die twee of drie nagbesoekers wat sleg 2de gekom het maar nooit ‘n klag by die polisie gaan lê het nie. My ervaring is dat klein hondjies baie meer geniepsig is as groot honde. Mense dink dis oulik as klein honderasse jou enkels en kuite stukkend byt maar doen ‘n groot hond dit is dit uitsit sake.

Johan ·

Aan al die Pit bull,Rottweiler en Boerboel eienaars,hou op julle dwaasheid uitbasuin,90% van Ander honde sal meskien byt vir watse redes,hierdie hou aan tot die DOOD en KAN Nie gestop word in n geveg deur hul eienaars (BASE) Nie, NOOIT NIE!!!!!Die ander honde rasse kan,dis die verskil!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.