Vyfjarige in mynskag: Ma steeds angstig

Die vyfjarige Richard Thole wat op 25 Februarie 2017 in die mynskag verdwyn het (Foto: ANA)

Die vyfjarige Richard Thole wat op 25 Februarie 2017 in die mynskag verdwyn het (Foto: ANA)

Nombeko Thole, die ma van die vyfjarige Richard Thole wat byna twee weke gelede in ʼn diep, ongebruikte mynskag geval het, het Woensdag gesê sy wag nog steeds angstig vir owerhede om vir haar te sê of die reddingsoperasie sal hervat.

Thole het gesê toe die Weermag verlede Donderdag na die toneel gekom het, was sy verlig omdat sy gedink het hulle sal haar seun kan uithaal.

“Hulle het nie met hom teruggekom nie. Hulle het gesê hulle het nie al die nodige toerusting om met die operasie te begin nie. Ek was so teleurgesteld, want ek het gedink hulle sal om daardie dag nog terugbring,” het sy gesê. Sy bly in ʼn eenvoudige huis in Jerusalem- informele nedersetting, naby Boksburg aan Johannesburg se Oos-Rand.

Dit is nou nagenoeg twee weke nadat Richard in die 100 meter diep mynskag geval het by ʼn informele nedersetting. ʼn Ander kind het die voorval op Saterdag, 25 Februarie aangemeld.

Reddingsoperasies is verlede week opgeskort weens slegte weer en gevaarlike toestande, hangende ʼn verslag van reddingskenners van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

Richard se pa, Meshack Mohlala, het Woensdag aan die African News Agency (ANA) gesê owerhede maak die reddingspoging selfs nog meer gevaarlik wanneer hulle probeer om die skag te verbreed, as gevolg van rotsstortings. “Dis gevaarlik om nou daar in te gaan, want daar is rotsstortings wat hulle veroorsaak het.

“Hy was ʼn besige seuntjie en wou ʼn polisiebeampte word ná skool. Hy het gewoonlik met sy maatjie in die erf gespeel, maar daardie dag het hulle in die strate gaan speel.”

Mahlatse Chego, die ma van Richard se maatjie, het gesê sy het intussen haar kind na Limpopo gestuur. “Ná die voorval het hy nagmerries gehad en hy het in die oggend wakker geword om na Richard te gaan soek waar hulle gewoonlik sokker gespeel het,” het sy gesê. “Hy wou weet wanneer die polisie Richard gaan terugbring, sodat hulle weer kan skool toe gaan. Ek het hom nou na Limpopo gestuur, miskien sal hy vergeet wat gebeur het, want dit is baie moeilik. Richard was sy vriend en hulle was in dieselfde skool.”

Gugu Ndima, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit, het gesê hulle moet nog met kenners van die Weermag vergader wat ʼn verslag sal oorhandig om te sê of die reddingspoging sal hervat. “Die verslag is vertraag omdat hulle nog met die burgemeester moet vergader. Die verslag sal na verwagting Vrydag gereed wees.”

Lees alle vorige berigte oor Richard Thole op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

E ·

Nee maggies man as ń kind so iets oorkom MOET die regering dadelik optree!!!!! swak swak swak om die minste te sê.
As dit nou iemand belangrik was, was hul nog dieselfde dag daar uit.
Arme kind. En dit is ouers se verantwoordelikheid om te sorg dat hul kleintjies onder hul neuse speel waar hulle gesien kan word met toesig. 5 jaar is te jonk om rond te dwaal!!!!

ANNETTE ·

Ek hoop al die ouers en maatjie-kinders word trauma berading aangebied.

Ek wonder ·

Jy het ‘n punt met toesighouding. Maar mens moet verstaan dat elke volk sy eie manier het van dinge doen. Dit is eintlik uiters belangrik dat daar iets gesoen moet word aand die poging aksie,, asook die wat laaste myn regte gehad het. Die wet se die werkgewer moet seker maak dat n myn niemand in hevaar mag stel nie, of die myn nou in werking is of nie.

Fielies ·

Ai as die ouers in onse land net wil leer waar dit vir kinders veilig is en waar nie. Baie jammer om te se maar die ouers behoort ten alle tye bewus te wees waar hulle kinders is. Mag sy sielewe rus. Ouers moet meer verantwoordelik en aanspreeklik gehou word vir nalatigheid.

Geliefd ·

Mag die Vader hierdie gesin bystaan in hierdie tyd. Dit is afgryslik. My seuntjie is 5. Dis ontsettend hartseer.

Johan. H. ·

Baie hartseer, 2 Weke is al te lank,,, jammer vir die ouers

Vivian ·

Ek bid vir jou Richard. Ai my hart is skoon seer die kind al 5 dae alleen is. Mag die Here n wonderwerk doen. Sterkte vir die familie.

HFC ·

Lees mooi en dan sien jy dis amper 12 dae met basies geen kans dat hy solank sou oorleef nie, wat nog te sê van die val oorleef.

Arizona ·

My hart is so seer vir hierdie mamma. Die owerhede sloer omdat hulle weet die seuntjie is teen die tyd oorlede. Geen mens sou kon asem haal daar onder nie.

Elize Grobler ·

Ek is baie jammer vir Richard en sy ouers. My hart gaan uit na hulle. Ek bid vir hulle. Hoe is dit MOONTLIK dat die mynowerhede so ‘n gevaarlike plek oop gelaat het??

SS ·

Abba Vader niks is by U onmoontlik nie en U kan ingryp en dat hierdie seuntjie nog lewend uitkom . Ons kyk op na U van waar ons hulp is en net U kan bonatuurlik ingryp en n wonderwerk bring. Baie dankie Heer vir U kosbare genade elke dag. AMEN

Adr!aan ·

Ek glo dat daardie seuntjie lewend uit gehaal sal word, Ek bid elke dag vir hom, dis so hartseer.
Ek weet in my hart daar is n engel van die here by hom wat hom help.. Ek wens net hulle roer hulle nou dis retig nou te lank, As almal dan nou te bang is om daar af tegaan stuur die zama zama’s man….! hulle het tog aangebied om dit te doen….

Andrea ·

Arme kind! Is daar enige kans dat hy nou nog leef of die val oorleef het? Is dit dalk hoekom daar volgens my nie regtig vreeslik moeite gedoen word met n reddingspiging nie?

Mariana ·

Hy hart is seer saam met die ouers van beide kindertjies. Die ou klein maatjie seuntjie moet verseker sielkundige hulp kry. Om hom weg te stuur sal nie help nie. Ek bid net dat die mense betrokke hulp aan die ouers en die ou kindjie sal gee. Siestog dit is vir my ‘n baie, baie hartseer storie.

moeks ·

Nog ‘n Lily myn tragedie. Elke keer gebeur iets anders wat die reddingspoging belemmer. Ek hoop dat hy en die ander drie mense se oorskot ten minste gevind kan word, sodat die families berusting kan vind.

Chriszelda Steyn ·

Dis baie hartseer, my vraag is, gaan hulle nou daai kind net daar in die gat los? kans dat hy nog leef is amper niks, ek as ouer sal graag wou berusting he en my kind begraaf

Elana ·

Ek dink dit is absoluut onaanvaarbaar dat hulle so lank wag om hom uit te kry. Daar moet iets wees wat hulle lankal al kon doen. En almal moet beslis traumaberading kry. Mense moet net onthou dat omstandighede anders is as hul eie. Moenie so gou judge nie. My hart gaan uit na sy ouers.

Liza ·

Ag liewe hemel dis al 2 weke, nee my magtig hoe werk dit dan….. dis ‘n lewe ‘n asempie wat daar onder ingeval het, die regering kon mos al iets gedoen het omtrent dit……SWAK SWAK =
NEE HEL MAN…………………sterkte aan die mamma………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.