Vyfjarige in Noord-Kaap vermoor

Boitumelo Engelbrecht (Foto verskaf deur die polisie)

Boitumelo Engelbrecht (Foto verskaf deur die polisie)

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn vyfjarige seuntjie, Boitumelo Engelbrecht, se liggaam Sondag omstreeks 16:00 in ʼn droë dam in Daniëlskuil opgespoor is.

“Twee kinders wat daar gespeel het, het op Boitumelo se liggaam afgekom,” het lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie is daarna ontbied.”

Hy is op 31 Augustus as vermis aangemeld.

“ʼn Nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van sy dood bepaal. Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om na vore te kom indien hulle oor enige inligting beskik wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei.” Kontak die ondersoekbeampte, ao Johan Viljoen by 082 302 0380.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsie ·

Die kind se ma en pa is lankal oorlede en hy het by sy tannie gebly…die hele ding is, die tannie was amper nooit by die huis nie en het nie ‘n vlenter omgegee nie, het die kinders maar aan hulle eie saligheid oorgelaat, maar nou dat hy dood gekry is, loop die krokodil trane omtrent!
Waar was sy toe hy nog gelewe het????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.