Vyfjarige kritiek na hy amper verdrink

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagoggend amper verdrink het in ʼn swembad in Lynnwood, Pretoria.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê familielede het die seun uit die water gehaal en mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas en kon daarin slaag om hom by te bring.

Paramedici het die seun verder behandel op die toneel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir dringende mediese behandeling.

Dit is nie duidelik of die seun in die swembad geswem het en of hy per ongeluk in die swembad geval het nie. Geen verdere besonderhede is verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.