Vyfjarige mag nou terugkeer na SA

Argieffoto (initiateimmigration.com)

Argieffoto (initiateimmigration.com)

ʼn Vyfjarige kind is toegelaat om na Suid-Afrika terug te keer ná die Wes-Kaapse hooggeregshof ingegryp het. Die kind is glo vroeër as onbepaald ongewens verklaar, berig die Saturday Star.

Die kind, ʼn dogter van ʼn hoë by die Verenigde Nasies, is verbied om weer Suid-Afrika binne te kom weens nuwe immigrasiemaatreëls. Sy is die enigste lid van haar gesin wat nie permanente verblyfreg het nie, aangesien sy in 2008 in Amerika gebore is.

Volgens die koerant het sy op ʼn besoekerspermit in Suid-Afrika gebly en dit het 115 dae, voordat sy en haar gesin met vakansie na Turkye gereis het, verval.

Toe sy op 24 Junie Suid-Afrika verlaat het, is haar ouers in kennis gestel dat die kind as ongewens verklaar is. Die gesin sal na verwagting Sondag van Turkye af terugkeer. Die hof het Vrydag bevind haar terugkeer na Suid-Afrika is onderwerp aan sekere voorwaardes wat deur die departement van binnelandse sake bepaal is.

Die nuwe immigrasiemaatreëls, wat in Mei in werking getree het, het ʼn nuwe visum-regime vir Suid-Afrika ingestel. Daar is ʼn duidelike verskil tussen visums vir ʼn kort verblyf en permanente verblyfregpermitte. Volgens die nuwe maatreëls moet ʼn aansoeker ook in persoon aansoek doen vir die visum en diegene wat hul die status van hul visum wil verander, kan dit nie meer in Suid-Afrika doen nie, maar moet dit by sendings oorsee doen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.