Vyfjarige red ma toe rowers toeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige seun het tot sy ma en haar werkgewer se redding gekom toe hulle deur drie gewapende rowers aangeval is in die winkel waar hulle werk op Bloemspruit buite Bloemfontein.

Die drie rowers het die winkel Maandag omstreeks 17:15 binnegekom en Elsie Knoetze (31) en Maurice Cohen, die eienaar, met pistole aangehou, het Netwerk24 Woensdag berig.

Die vyfjarige Willem van Wyk het by die winkel uitgehardloop om sy stiefpa, Desmond Knoetze, te gaan soek. “Hy is ʼn held. Hy het nie eers gehuil nie,” het Elsie gesê.

Een van die rowers het langs Willem by die toonbank gestaan en die pistool op Cohen (83) gerig. Willem het toe by die winkel uitgehardloop. ʼn Tweede rower het om die toonbank geloop en Elsie se hande vasgebind voordat hy haar onder die toonbank ingedwing het. Die derde rower het die winkel se deure toegemaak.

Die rowers het met kontant, ʼn selfoon en ʼn pistool gevlug toe Desmond by die winkel opgedaag het. Desmond het aan Netwerk24 gesê hy het onmiddellik na die winkel toe gehardloop nadat Willem hom van die gebeure vertel het.

Volgens Cohen is dit die derde keer dat hy die slagoffer van misdaad is. Cohen het gesê hy is nie kwaad nie, aangesien dit in elk geval nie sal help nie en dat hy net wil hê die polisie moet optree.

Volgens Cohen het die polisie eers 18:45 by die winkel opgedaag. Konst. Joy Xaba, woordvoerder van die polisie, het aan Netwerk24 gesê ʼn klag van sakeroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Willem, jou klein mannetjie van STAAL!
Gee hom ‘n Bel. . , ag, ek bedoel ‘n suigstokkie en ‘n GROOT drukkie van ons almal.

Ai my mense... ·

HEVW – man tog, Manie Maritz bedoel dit sarkasties – die polisie is so uselss mens moet eitnlik bly wees as die polisie WEL opdaag. Moet nou nie lelik wees met Manie nie! Hy is reg!

chantell ·

Die klein mannetjie is n held trots op hom gee hom n stywe drukkie

Esmerelda ·

Julle seun is verseker ñ held, baie trots op hom, julle het hom goed groot gemaak.

Polisie – Treurig, paterties man!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.