Vyfjarige sterf in Kaapstad-brand

Argieffoto (pixabay.com)

ʼn Vyfjarige is Dinsdagoggend dood tot ʼn brand in die Kosovo- informele nedersetting in Kaapstad uitgebreek het.

Twintig plakkershuise is verwoes en 66 persone is dakloos gelaat.

Theo Layne, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens het gesê brandbestryders is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied. “Die seun het met ʼn stukkie papier naby ʼn paraffienverwarmer gespeel toe die brand ontstaan het,” het hy verduidelik. “Hy het onder die bed gaan wegkruip toe die brand begin versprei het. Sy ouma het uit die huis gehardloop, onbewus daarvan dat hy nog in die huis was.”

Die polisie stel verder ondersoek in.

Agt persone, insluitend vier kinders, is Maandagoggend dood tydens ʼn brand in Khayelitsha. Vier plakkershuise is verwoes en 22 persone is dakloos gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

TDW ·

Ek haat dit om te lees van kinders se dood, ek spring liewer oor sulke berugte, maar hierdie een moes ek oop maak, ek wou weet hoe die brand begin het. Ek dink ook dis hoekom hier nog geen kommentaar is nie, mense hou nie van sulke hartseer nuus nie.
Ek voel so jammer vir hierdie seuntjie, so ‘n groot ongeluk. Rus in vrede liewe seun. Mag jy nou lekker speel in God se paradys. Sterkte aan die familie.

GM ·

Dis vreeslik hartseer. Ek verstaan net nie hoekom kerse en verwarmers altyd ‘unattended’ gelaat word nie, veral as daar klein kinders rond is. Then again, ek is paranoïes as dit by sulke goed kom, en ongelukke gebeur te gou. R.I.V. kleintjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.