Vyfjarige sterf in spervuur

ʼn Vyfjarige seuntjie is dood toe hy Saterdagmiddag in spervuur beland het in Drury Court, Lavender Hill in die Wes-Kaap.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die teenbende-eenheid en Steenberg-polisie volg talle leidrade op.

“ʼn 22-jarige man is ook na bewering in dieselfde voorval geskiet en gewond. Hy is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal,” het Potelwa bygevoeg.

Nog beamptes is in die gebied ontplooi om ʼn kalm en veilige toestand te handhaaf.

Volgens berigte het die seuntjie in spervuur beland toe ʼn sluipmoordaanval uitgevoer sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.