Vyfjarige sterf toe hy uit venster val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige seun is Dinsdagaand dood toe hy uit die venster van ʼn woonstel op die negende verdieping van ʼn gebou in Overport, Durban, geval het.

“Die kind het glo in die woonstel agtergebly toe sy pa iemand by die ingang van die gebou gaan ontmoet het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die kind het kritieke beserings opgedoen en is dood voor paramedici van Netcare 911 by die toneel opgedaag het.”

Dit is nog nie duidelik hoe dit gebeur het dat die kind by die venster uitgeval het nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AmY ·

Ons bly in ‘n woonstelblok waar kinders die heeldag raas en skree en speel en geen respek het vir niemand nie. Hulle klim en klouter die hele dag op hekke ,traprelings en balkonne en loop in hulle huis op vensterbanke rond. As ons by die ouers gaan kla oor hulle kinders se gedrag, word ons die vuilste kyke gegee, en dan sê hulle, “but they are just playing.” Die probleem is, hulle speel op gevaarlike plekke, en die ouers sien niks daarmee verkeerd nie. Veral nie oor die feit dat die kinders aan die binnekant op en af op die vensterbabke loop nie… So, dis altyd die ouer se skuld as ‘n kind deur ‘n venster val. Finish en klaar!!!

Louise ·

Dis baie hartseer om te dink n ouer los so klein kind alleen, net nou lees ek die berug van die kind wat in n noodlottig tref en trap oorlede is deur n dronkbestuurder.
Die bestuurder wat die kind raaak gery het word aan gekla van strafbare manslag wat reg is.
Maar ek glo die pa moet aan dieselfde skuldig bevind word want hy is ook nalatig gewees en as gevolg van sy optrede is daar n arme kind oorlede.

Dee ·

O, ek het jou verkeerd verstaan – jy praat van die 5 jarige se pa maar jou manier van skryf het dit laat klink asof jy dalk van die ander se pa praat. Askies.

Charlene ·

Louise dit klink dalk wreed en alles maar ek stem saam jou hier. Die pa was nalatig, ek is seker hy gaan die besluit die res van sy lewe berou maar hoe los jy `n kind alleen by `n oop venster wat nie tralies aan het nie. Dis belagtik. Maar nietemin stekte een die ouers van die seun wat op so `n aaklige manier moes omkom.
AmY – Dee se raad is reg volg die link en lees daar jy kan ook aan die bestuursagentskap `n e-pos stuur.

AmY ·

Baie dankoe Dee en Charlene. Ek het sommer hulle facebook-blad ook gaan ‘like’. Ek het baie griewe om te lug. Ons komleks is een groot gemors en mense maak wat hulle wil. Selfs die Trustees en mense op die Beheerliggaam breek die reëls te heerlik. Die kinders gil en skree bedags en die Trustees steek nie eens hulle koppe by die deure uit nie. Die ergste dis ons eienaars wat die swaarste kry. As die agente bel en by hulle kla, sê hulle vir ons dat ons by die Beheerliggaam moet gaan kla, maar hulle breek dan self die reëls. So, waarheen nou? En die agente sit mos die huurders in die woonstelle?

Dee ·

Dit was ‘n groot plesier, AmY. Ek’s bly oor die geleentheid om jou op die spoor te kon bring.
Dankie vir jòu ook Charlene.

AmY, n aaanleiding van jou skrywe is jy een van die eienaars. Dit maak dit makliker. Tydens die volgende Algemene Jaarvergadering (AGM) word jy ‘n lid van die beheerliggaam (Board of Trustees – sorg dat ‘n nominasievorm 48 uur voor die vergadering by die besturende agent is) en jy het toegang tot àl die inligting met betrekking tot geld wat gespandeer word en hoeveel. Jy sal ook besluite hê oor watter kontrakteurs daar werk en wat gedoen word aangaande die probleme wat aanleiding gegee het tot hierdie skrywe. Jy sal meer outoriteit hê wanneer jy met inwoners praat en hul aanspreek oor dinge wat nie reg gedoen word nie.

Raak betrokke, word deel van die bestuur van jou eie belegging… èn uiters belangrik, sorg dat jy die reels van die gebou ken en dat jy die ‘act’ ken. Indien jy nie seker is waarvan ek praat, vra vir professor Google uit oor die ‘act’ en sorg dat jy ‘n kopiè daarvan op jou rekenaar kry en in jou kop kry.

AmY ·

Baie dankie Dee. Ja, ek us ‘n eienaars. Maar die probleem is dat selfs die Chaiman maak soos hy wil en die reëls te lekker breek. Maar baie dankie vir jou raad. Ek gaan dit beslis volg. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.