Vyfjarige sterf toe hy uit venster val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige seun is Dinsdagaand dood toe hy uit die venster van ʼn woonstel op die negende verdieping van ʼn gebou in Overport, Durban, geval het.

“Die kind het glo in die woonstel agtergebly toe sy pa iemand by die ingang van die gebou gaan ontmoet het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die kind het kritieke beserings opgedoen en is dood voor paramedici van Netcare 911 by die toneel opgedaag het.”

Dit is nog nie duidelik hoe dit gebeur het dat die kind by die venster uitgeval het nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Liewe Heksie

n vyfjarige en sy pa los hom alleen ? RIP boeta x

AmY

Ons bly in ‘n woonstelblok waar kinders die heeldag raas en skree en speel en geen respek het vir niemand nie. Hulle klim en klouter die hele dag op hekke ,traprelings en balkonne en loop in hulle huis op vensterbanke rond. As ons by die ouers gaan kla oor hulle kinders se gedrag, word ons die vuilste kyke gegee, en dan sê hulle, “but they are just playing.” Die probleem is, hulle speel op gevaarlike plekke, en die ouers sien niks daarmee verkeerd nie. Veral nie oor die feit dat die kinders aan die binnekant op en af op die… Lees meer »

Louise

Dis baie hartseer om te dink n ouer los so klein kind alleen, net nou lees ek die berug van die kind wat in n noodlottig tref en trap oorlede is deur n dronkbestuurder.
Die bestuurder wat die kind raaak gery het word aan gekla van strafbare manslag wat reg is.
Maar ek glo die pa moet aan dieselfde skuldig bevind word want hy is ook nalatig gewees en as gevolg van sy optrede is daar n arme kind oorlede.

Dee

O, ek het jou verkeerd verstaan – jy praat van die 5 jarige se pa maar jou manier van skryf het dit laat klink asof jy dalk van die ander se pa praat. Askies.

Charlene

Louise dit klink dalk wreed en alles maar ek stem saam jou hier. Die pa was nalatig, ek is seker hy gaan die besluit die res van sy lewe berou maar hoe los jy `n kind alleen by `n oop venster wat nie tralies aan het nie. Dis belagtik. Maar nietemin stekte een die ouers van die seun wat op so `n aaklige manier moes omkom.
AmY – Dee se raad is reg volg die link en lees daar jy kan ook aan die bestuursagentskap `n e-pos stuur.