Vyfjarige tweeling in kas gevind ná ‘ontvoering’

Die vyfjarige tweeling was sowat twee weke lank vermis.

ʼn Vyfjarige tweeling wat byna twee weke lank vermis was, is nou in ʼn plek van veiligheid nadat hulle Saterdagaand by ʼn huis in Boksburg opgespoor is.

Die private ondersoeker Mike Bolhuis het gesê die seuntjie en dogtertjie se tannie het die ondersoekspan se hulp ingeroep, nadat die kinders, wat in hul grootouers se sorg is, se pa hulle nie ná ʼn besoek teruggeneem het huis toe nie. Hulle was sedert 2 November spoorloos.

Die kinders se ma is twee jaar gelede in ʼn motorongeluk dood en daar was sedertdien ʼn informele reëling tussen die kinders se pa en grootouers oor toesig. Die grootouers woon op Mashishing (Lydenburg), terwyl hul pa deesdae in Gauteng woon en werk.

Nadat die pa die kinders vir ʼn besoek opgelaai het, het hy met hulle verdwyn.

Bolhuis het gesê lede van sy ondersoekspan het die pa – én die tweeling – Saterdagaand by ʼn huis in Boksburg opgespoor waar hy saam met hulle in ʼn kas probeer skuil het. Die kinders was fisiek ongedeerd.

Hy het gesê daar is in samewerking met die polisie en maatskaplike werkers besluit om die kinders in ʼn plek van veiligheid te plaas terwyl die kwessie oor wie hul wettige voog is, uitgestryk word.

Volgens Bolhuis voer die man nou boonop aan dat hy nie die kinders se biologiese pa is nie en dat dié die laaste keer tydens hul ma se swangerskap kontak met die familie gehad het.

Die man is ná sy inhegtenisneming Saterdag aangekla van ontvoering en het intussen Maandag in die Boksburg-landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding, het Bolhuis gesê.

Hy het gesê die kinders gaan ook nie goedsmoeds aan die familie terugbesorg word voordat ʼn omvattende ondersoek na hul omstandighede afgehandel is nie. “Vir ons gaan dit oor die welsyn van die kinders. Hulle moet veilig wees,” het hy gesê.

Bolhuis het gesê in sy ervaring word familielede betrek by verreweg die meeste ontvoeringsklagtes. Hy het gesê wanneer ʼn hofbevel of skikkingsooreenkoms, of selfs ʼn informele reëling, verontagsaam word wat betref toesig oor kinders, kan iemand in só ʼn geval van ontvoering aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Sirkus ·

Kinders is verseker nie veilig in Suid Afrika se welsyn sorg nie…

Potties ·

Ek en my vrou het twee kinders n boetie en sissie wat in ons pleeg sorg is ek kan nie sien hoe daar gese word die welsyn doen nie hulle werk nie . Die kinders is al twee jaar by ons ….

Elmarie ·

Sirkus, ek stem met jou saam.
Arme Oupa en Ouma. n Mens het n ontsettende diep en teer liefde vir jou kleinkinders en wil hulle ten alle koste beskerm teen al die seer daarbuite. My hart voel so jammer vir oupa en ouma en die tweetjies.

Martin ·

As dit dan nie sy eie kinders is nie hoekom ontvoer hy hulle dan – vat hulle nie terug na hul ouma en oupa tie nie- wonder ook is die ouma en oupa sy ouers of die ma sin

Kas ·

Uitstekend werk Mnr. Bolhuis.Dankie vir jou goeie werk.Ek glo die kinders verdien nie so “n pa”nie.Gee hulle vir mense wat vir hulle liefde sal gee en ‘n standvastige lewe sal verseker.Dankie grootouers dat julle vir die engeltjies omgegee het.

Ronel ·

Wel gedaan MikeBolhuis. Ons kan jou knoppie enige tyd druk. Nou sal pappa als ontken hoekom as dit nie sy kiddies is nie. Hulle dan geneem

JH ·

Mag daai 2 kindertjies verder opgroei by wie ookal die beste na hulle gaan kyk.

JackyG ·

Die hartseerste hier is dat hierdie kinders nou by heel vreemde mense is en moet wag om te kyk of hulle terug gaan na ouma en oupa.. Sjame dink hoe bang, hartseer en onseker hulle dalk is. Hukm nie terug na ouma en oupa toe nie…

Lee ·

Tenminste wil hulle PA hulle he? Dit is tog sy kinders. Groot ouers het n neiging om in te meng. Storie het altyd 2 kante.

Sê maar net ·

Ek as vreemdeling sal graag die 2tjies die beste wil gee wat ons kan. Sal graag kinder stemmetjies in ons huis wil hoor. Maar nou ja, so jammer mense kan nie na hul eie kinders omsien nie.

Christelle ·

Ek stem saam! Sielkundig word daai kinders soveel skade aangedoen

renette ·

Hoekom hulle nie terugvat na hulle ouma en oupa toe nie – waar hulle veilig voel en die omgewing ken – nou hulle in ‘n sisteem sit waar hulle moontlik gaan sit en sit en die arme kinders weet nie wat aangaan nie – gee hulle terug vir hulle ouma en oupa waar hulle was en hoort – as hulle nie omgegee het nie sou hulle nie die saak aangegee het nie – hoekom hulle verder ontwrig

waarheid ·

Wat ‘n ramp!!!
Is daar geen ander familie aan die ma se kant wat kan help en hulle goed versorg nie?
Die arme kinders!!!!!
O my genade!

Gesiggie ·

Baie goeie speur werk.. dankie tog die kinders is ok? ai hul is so onskuldig”’ hoop regtig daar is iemand uit die familie wat goed sal kan omsien na hul. My hart bloei vir hul.

Poppie ·

Die 2 kleine mensies is al reeds deur so baie trauma. Nou nog in welsyn se sorg ook. Dit gaan oor hul welstand. Die kindertjies is mos oud genoeg om te weet by wie hul veilig is. As hul gelukkig is by oupa en ouma, hoekom word hul nie daar gelos nie? Doen bloedtoetse en kyk of dit die biologiese pa is. Indien wel, en hy is bevoegd om na hulle te kyk, hoekom nie? Asss die kinders veilig vpel by hom. Kry hul nou liefde daar waar hul ook al is?

Lizelda ·

Poppie… die kinders is 5! Hoe is hulle oud genoeg om te weet waar hulle veilig is? Nee man d welsyn en hof moet toe tree. Jy kan noe van daai 2 kinders verwag om te se waar hulle wil bly nie.

PATTY ·

Lizelda my kleinkinders is tussen 3 en 7 en waarborg jou hulle sal enige tyd self kies om by hul ouma en oupa te kom bly indien dit nodig moet word. Kleintjies weet presies waar hul veilig is en waar nie.

Suid Afrikaner ·

Arme kinders. Mens kan net dank uitspreek as jy deur sorgsame liefdevolle ouers grootgemaak is

Cherokee ·

Die storie klink snaaks. Leek wat ek is op die gebied, sou ek raai die pa moet default voog wees. Ó.. wat my ontgaan het is dat hulle waarskynlik nie getroud was nie. Dan is dit verstaanbaar.

Jannie van Niekerk ·

“Die kinders is in ‘n plek van veiligheid.” In Suid Afrika?! Waarom kan hulle nie in die grootouers se sorg gelaat word waar hulle die omstandighede ken nie? Indien die grootouers nie omgegee het nie, sou hulle nie die tannie versoek het om die ondersoekspan te nader nie. Mensevweet nie watter ontwrigting “plekke ban veiligheid” is nie. Veral in Suid Afrika waar die sogenaamde versorgers blatant boeliegedrag toelaat.

MISTERIE ·

Die ‘pa’ sê duidelik hy is nie die biologiese pa nie. So eintlik moes hy glad nie die kinders geneem het nie.

Heidi Lundie ·

Kinders is nie altyd veilig by hulle biologiese ouers of groot ouers nie. Ook nie by hulle pa’s nie biologies of andersin. Kom ons hoop maar dat die regte besluite geneem word.

Kobus ·

Lee- lees asb. Berig die man beweer hy is nie die Pa nie. Weereens moet kinders die prys betaal vir volwasse mense se optrede

Agter die skerms ·

Die kinders is opgespoor – dit is al klaar ‘n wondewerk.
Nou moet die kinders net by die ouma en oupa geplaas word of iemand wat weet wat dit is om agter kinders te kyk – hulle is sulke precious kindertjies. As mens maar net partykeer dink daar is mense wat nie kinders kan he nie en dan is daar ander wat net met hulle doen wat hulle wil.

Marlene ·

Die saak lyk en klink asof dit eenvoudig is en mense net maklik kan kantkies. Weet enige van julle wat is enige van die twee partye se stories is. My opinie is neem die ouma en oupa hul en hul sorg goed vd kinders, wie gaan finansieel help. Die staat?. Die regering voel vere. Ek het al sake aangemeld (gaan nie in detail nie) wat NIKS aangedoen is nie, en dit is by n skool se maatskaplike werkster, toe verwys sy my na iemand anders en toe is ek na vele ander verwys, waarvan niks gekom het nie. Hoe verweer kinders hulself as almal hulle faal. Dis so wreed. My hartswens is dat die regte mense hierdie kindertjies sal kry en na hul sal kan omsien, geestelik, finansieel, en in alle opsigte. Hul het tog nie gevra om hier te wees nie. En daar is derduisende sulke gevalle wereldwyd.

dolphin ·

presies stem saam met potties.dis swak werk met die welsyn meer as 2 jr gediens en waar is die hof om te hore kom ?goed gedoen met mike bolhuis maar my hart gaan uit met die 2ling hoop om veilig terug besorg na die biologiese groot ouers.sterkte.

wonder maar net ·

Hoekom moet die arme ma nou hierby ingeleep word… sy is dood en kan haarself nie verdeedig nie. Die pa moes die kinders huis toe gevat het… Wat hy nie gedoen het nie… nou sê hy dis nie sy kinders nie…!! Dis omdat hy weet hy het nonsens aangvang om hulle te ontvoer!Hy is onverantwoordelik om hulle in ‘n kas toe te sluit!!

Ekke ·

Die opskrif van die berig klink baie erger as wat die situasie is…. mensig, dit skep indruk dat hulle vir 2 weke in die kas opgesluit was. Ek vind dit vreemd dat die Tannie van die kinders, hulle as vermis aangegee het en die die Grootouers nie. Dankie tog, die kinders is ongedeerd en fisies in ‘n goeie toestand, so Pa het hul darem versorg…..laat mens net wonder wat werklik die kap agter die byl is. Wat is die Groutouers se stand…. is hul fisies en finansieel instaat om na die kinders om te sien. Hoop regtig alles werk mooi uit met wat in die beste belang van die kinders is.

@Ekke ·

Die berig sê nie dat die tannie hulle as vermis aangemeld het nie dit sê dat sy Mike Bolhuis in sy hoedanigheid as privaat speurder se hulp ingeroep het om te help soek na die kinders! Die kinders was waarskynlik reeds as vermis aangemeld….

Melanie ·

Ek stem 100% saam jou!! Ek was in presies dieselfde geval toe ek maar 5 jaar oud was, en ek kan jul almal vandag vertel, dat hulle my vir my dad moes gee!! my ouma en oupa was my als, maar my pa is my pa en die hel wat ek en hy moes deurmaak het met die hof en welsyn en pleegsorg en kinderhuis en en en, was vir my baie traumaties… vandag hou ek my kinders n arm lengte van my af, want n been lengte is te ver… mense dink hulle weet maar hulle weet nie. Vra die kinders en as n pa baklei soos daai pa gedoen het, gee die kinders terug!!

Jessica ·

MIKE bOLHUIS CAN YOU FIND THE KIDS PLEASE THAT WAS KIDNAPPED FROM GERT VAN ROOYEN, SO THE PARENT’S CAN HAVE A HAPPY ENDING. THEY BEEN LIVING IN A HELL FIRE NOT KNOWING WHERE THEY KIDS ARE. BRING THEM HOME PLEASE!!!

Hanlie ·

PA. die “PA” se dan hy is nie die kinders se “PA” nie. Ek is seker die Ouma en Oupa kan ook ‘n staatstoelae kry soos al die ander mense in die land. Of geld dit net vir ‘n sekere ras?

Gert R@M ·

Dankie Mike. Goeie werk. Ons het verskeie kinders in pleegsorg gehad en het uit ons pad gegaan om band tussen en kind tot ‘n mate in stand te hou. Kinders word om redes weggeneem. Hierdie is ‘n interessante saak. Hou met angstigheid dop.

Jolene ·

SA se maatskaplikedienste …. SLEGSTE plek vir hulle om te wees!!! En die tydperk wat dit gaan vat om “ondersoek” te doen … kan jare vat! Die trauma waarmee daai kinders gaan sit daarna … irreparable!! As die oupa en ouma so sleg was vir hulle hoekom na hulle soek in elk geval.

Leser ·

Almal wat sê dit is dan nie die kinders se “pa”nie. Nie alle biologiese pa’s verdien die titel nie en daar is baie mans wat pa staan vir ander mans se kinders met meer liefde en sorg as die “pa”self! Daar moet en gaan mos nou ondersoek ingestel word om te bepaal waar die kinders die beste versorg gaan word en liefde kry. Want enige een kan vir ‘n kind net ‘n stuk brood in die hand stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.