Vyfjarige tydens huisroof geskiet

Argieffoto

ʼn Vyfjarige meisie is Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisroof aan die Oos-Rand geskiet.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Uitbereiding 3 van Langaville in die Tsakane-nedersetting plaasgevind.

“Die huiseienaar beweer hy het geslaap toe hy vreemde geluide in die sitkamer gehoor het. Hy het opgestaan en gaan ondersoek instel toe twee onbekende mans hom oorweldig het. Een van die mans het ʼn vuurwapen by hom gehad,” het Tshilate gesê.

Die gewapende verdagte het sy vuurwapen op die huiseienaar gerig en op geld aangedring.

“Die huiseienaar en die verdagtes het begin stoei, waartydens ʼn skoot afgegaan het. Die koeël het die meisie in haar linkerbeen getref.”

Die verdagtes het met ʼn televisie en selfoon in ʼn onbekende voertuig van die toneel gevlug.

Die meisie is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling en is in ʼn stabiele toestand.

Die Tsakane-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Haan ·

Ons (Afrikaners) voel dit is nét ons wat deurloop onder die geweld in hierdie land. Dit is nie so nie. Swart Bruin Geel Groen… ALMAL ly. ALMAL is moeg vir die geweld

naaяtjies ·

Ons staan en bekyk mos net alles en vra wanneer gaan iets gedoen word, maar dit is waar dit eindig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.