Vyfjarige verdrink in Kaapstad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige het Maandag by ʼn huis in Tokai in Kaapstad verdrink.

“Die seun is reeds uit die swembad gehaal toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Gesinslede het reeds met KPR begin.”

Volgens Bodasing het paramedici nog 30 minute lank tevergeefs gespook om die kind by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar.

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Wat gaan aan dat so baie kinders verdrink? Moet huiseienaars nie onder strenger regulasies gebuk gaan om hulle swembaddens te beveilig nie? Hoër heinings en traliewerk wat nie te ver uitmekaar is nie, slotte wat buite bereik van kinders is en geen rondstaande goed naby heinings nie, geen skuifdeure wat uitloop direk na n swembad nie. Huise moet nie verkoop of gehuur kan word as hulle nie aan n swembad inspeksie voldoen nie. Te veel kinders verdrink, iets sal gedoen moet word.

Boesman ·

Ek stem saam met jou SNEL. Verdrinkings van kinders het beslis toegeneem. Iets daadwerkliks sal gedoen moet word. Ouers moet weer bewus wees van wat om hulle aangaan. Maar dit gese, ons ALMAL moet meer bewus wees van wat om ons aangaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.