Vyfjarige verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige seuntjie het Woensdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in die Bellair-gebied in Durban, KwaZulu-Natal, verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê ʼn buurman het die seun uit die swembad gehaal en mond-tot-mond-asemhaling begin toepas. Paramedici het oorgeneem met hul aankoms op die toneel.

Volgens Botha het paramedici die seun aan ʼn ventilator gekoppel en vir langer as ʼn uur probeer bybring maar sonder sukses. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wilmarie ·

Ouers moet as dit moontlik is,vir hulle kinders swemlesse laat doen. Dis so onnodig en hartseer dat die kinders so verdrink.

BoereBikerBaby ·

Ok, so die bure het die kind probeer red… waar was die ouers en hoekom was die swembad nie beveilig nie??? Wilmarie, ek stem.. as jy swembad het, stuur jou kinders vir swemlesse… dit kon dalk net die kind se lewe gered het… ai.. as mens net die nodige safety kan toepas waar dit by die lewe van die kinders kom!

neelsie ·

Is daar nie regulasies oor swembadbeskerming nie ?
Wat n verskriklike gedagte dat my optrede die dood van n kind veroorsaak het.!
As daar geld is vir n swembad, sal daar ook wees vir n net.
Baie jammer vir die gesin.

pop ·

Is daar net nooit berig oor kinder verdrinkings of is dit net nou so n plaag. Dis net te vreeslik dat n ou kindjie se lewe so weg is. Mens moet swembadeienaars wie se swembaddens nie veilig is kan aankla. Dis growwe nalatigheid.

Sollie ·

Alweer! Verpligte nette oor swembaddens ASSEBLIEF! Swemlesse as jy naby see/swembad woon, ai mense….

Christine ·

Gooi toe elke swembad as eienaars nalatig is. Laat inspekteurs weer lisensie (soos lank gelede met honde lisensies) rond gaan. Wensdenkery nê!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.