Vytjie Mentor na ACDP

Vytjie Mentor. Foto: ANA

Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, het by die African Christian Democratic Party (ACDP) aangesluit.

Die party het in ʼn verklaring gesê dat hy Donderdag by die parlement ʼn mediakonferensie sal hou waar Mentor amptelik by die party verwelkom sal word.

Leiers van die ACDP en Mentor kon nie onmiddellik vir enige verdere kommentaar bereik word nie.

Mentor is ʼn voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings.

Sy het in Maart 2016 op sosiale media onthul dat die Gupta-gesin glo vir haar  ʼn pos as minister aangebied het. Sy is na die Gupta-familie se herehuis in Saxonwold in Johannesburg ontbied in die tyd toe Barbara Hogan as minister gepos is.

Volgens Mentor was oupres. Jacob Zuma in een van die vertrekke in die huis toe dit gebeur het.

Mentor se besluit om by die ACDP aan te sluit kom kort voor die verkiesing in Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lina Smit ·

Die politieke vlooie het lank gewag die jaar voordat hulle begin het om party spronge uit te voer?

nico k ·

Dit is swak van opposisie partye om so iemand te aanvaar. Dink hulle dit gaan hulle steun vermeerder? Inteendeel.

Ilze Mostert ·

Goeie keuse Vytjie Mentoor. ACDP is die enigste/beste opsie.
Hou maar die ACDP dop-saam ander kleiner partye.

johann ·

mentor se beweerde betrokkenheid by staatskaping laat
mens wonder

jaco ·

miskien bietjie eerliker as ander politieke partye, maar onthou tog ook: ACDP-parlementslede cash ook lekker in op n parlementere salaris van R1.3miljoen per jaar plus n lekker motor plus n vet petroltoelae plus n onthaaltoelae plus verniet vlieg. Ek hoor hulle nooit kla dat dit eintlik te veel is nie en moreel onregverdigbaar in n land met so baie armoede en werkloosheid.
die Bybeltekste “the love of money is the root of all evil” en “dis makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir n ryk man om in die koninkryk van die hemel te kom”, is seker albei toegeplak in ACDP-parlementslede se Bybels.

jaco ·

so na al die jare in die ANC, is gay huwelike en aborsie nou skielik sonde vir haar?

lv ·

Na haar getuienis voor die Zondo kommissie le haar reputasie aan skerwe.Sy gaan n verleentheid vir die ACDP word.

jaco ·

sover ek weet is sy n kleurling. so sy is seker bang regstellende aksie wat haar ANC nogal uitgedink het, draai ook teen haar. Glo my, daars BAIE gevalle waar kleurlinge en indiers wat werk soek, moet hoor “sorry no job for you as you are not black enough”. ek suig dit nie uit my duim nie. dis goed wat regtig gebeur.
wat ook dikwels gese word, is “ons personeelsamestelling moet lyk soos die nasionale demografie”. dis miskien mooi woorde, maar die nare gevolge daarvan is mense wat werkloos bly en bly NET omdat hulle nie swart genoeg is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.