Vytjie ‘nie bang’; ANC, presidensie kap terug

Die nuutste plasing op Mentor se Facebook-blad.

Die nuutste plasing op Mentor se Facebook-blad.

Vytjie Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, het gesê sy gaan nóg inligting oor die invloedryke Gupta-familie aan die groot klok hang.

“Ek is nog nie kla nie, daar is nog baie om te vertel,” het Mentor Woensdag op haar Facebook-blad gesê na aanleiding van haar vroeëre bewerings dat die Guptas glo vir haar ook ʼn pos as minister aangebied het. Mentor het op Facebook gesê sy is na die Gupta-familie se herehuis in Saxonwold in Johannesburg ontbied in die tyd toe Barbara Hogan as minister gepos is. Volgens Mentor was pres. Jacob Zuma in een van die vertrekke in die huis toe dit gebeur het.

Zuma het intussen in ʼn verklaring gesê hy “onthou Mentor nie en dat hy nie bewus is van die beweerde voorvalle in haar loopbaan waarvan sy op Facebook geskryf het nie”.

Mentor het egter op Facebook gesê dat sy en Zuma twee keer per maand by sy kantoor in Tuynhuys vergader het. “Hy het my leer ken die oomblik toe hy uit ballingskap teruggekeer het. Hy het my ook gereeld in die Noord-Kaap ontmoet.”

Mentor het verder gesê die waarheid sal seëvier. “Die skurke kan maar aanhou beledig en blaf. Indien enigiets met my of my familie gebeur, dan weet julle almal wie om te verdink. Ek is tog nie bang nie.”

Die ANC het intussen in ʼn verklaring gesê die bewerings dat die Gupta-familie ʼn invloed het in die aanstelling van kabinetslede, word in ʼn ernstige lig beskou aangesien dit die potensiaal het om die gesag van die ANC as regerende party te benadeel en te ondermyn.

Die ANC het egter benadruk dat dit die president se taak is om ministers aan te stel, hul verantwoordelikhede vas te stel en hulle in die pad te steek. “In ooreenstemming met die ANC se onwrikbare verbintenis tot kollektiewe leierskap, is dit is ʼn voorreg wat die president uitoefen in oorleg met die amptenare van die ANC en sy alliansievennote. Dit is en bly die praktyk ten opsigte van die aanstelling van die nasionale uitvoerende gesag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

charmaine ·

Vytjie is baie dapper en sy sal nie met haar laat mors nie.

Rot ·

Waarom dit nie al lankal geopenbaar as jy so eerlik is nie Vytjie, jy het ook maar baie mense vertrap en veniel ? Het jy ook ‘n agenda soos al die ander “voormalige” kaders “no pay then I will say “!

Chris ·

Dis nie die eerste keer dat ek lees/hoor dat ministers, amptenate ens na die Guptas ‘ontbied’ word nie! Wie dink die Guptas is hulle om mense so te ontbied. As hulle dan sodanig met iemand wil praat, kan hy maar in sy kar klim en soontoe ry. Ek sal nie verbaas wees as ons erens lees dat die Guptas ook vir Zuma ‘ontbied’ het nie!!!

D ·

So die Gupta familie is nou ook deel van di alliansie vennote. Almal word nou deur die Guptas beheer. Wat ‘n belediging vir ons land.

jaco ·

Vytjie moet oppas. Sy is ‘n kleurling en in terme van affirmative action reels kan sy beskou word as “not black enough”. haar kop kan maklik rol…

Gideon ·

Ai Vytjie, jy is regtig dapper! Dit is hoekom SA is waar hy is. ‘n Groot skande, pleks dat die land voordeel trek uit alles, word daar hierdie vreeslike tweedrag gesaai. Inderdaad lyk dit vir my of daar ‘n derde mag betrokke is!

Elgeraine ·

Go Vytjie go! Maar wees versigtig dat jy nie iewers ‘seerkry’ nie. Almal ken die anc en guptas se sluheid.

Anita ·

My bek hang oop! Watse president het ons ? Toemaar ons weet lankal van Adonis en Kie. maar dit word by die dag erger !!

Francois le Cochon ·

@Anita. In Februarie 2008 het die BBC joernalis. Fergal Keane, in ‘n televisie onderhoud, aan Zuma gevra “are you a crook?”. Zuma het nooit die vraag beantwoord nie. Fergal het toe die volgende dag geskryf ” how is it possible to get from Mandela to here”

Riaanr ·

Lyk vir my Zuma is breindood, hoe kan hy Vytjie dan nie onthou hie.

Weskaper ·

Geld skenkings speel ‘n groot rol in vandag se lewe en baie onmoontlike dinge laat waar word veral as die ontvanger geldgierig is.

charmaine ·

Nou maak die Waterkloof-landing met die Gupta troue meer sin. “Hulle” is die regering.

Hendrik ·

Die Guptas is seker nie op die Shaiks se kersfeeslysie nie. Die Sheiks was net die voorwedstryde. Onse pres weet hoe om sy broodjie te botter né. Dis Guptopia hier in ons sonskynland.

Liz ·

Vytjie, you go girl!!!!!!! Vertel ons asb, jy is baie dapper maar wees waaksaam. Ek admireer jou en jy wil ‘n verskil maak – sterkte

Marius ·

Zuma moet net seker maak dit is spits verkeer voor hy die ministers in die pad steek :) Hulle is maar almal korrup!

Tina du Toit ·

Vytjie, ek hoop jy druk deur en trek nie kop uit nie. Verder hoop ek nie hulle kom agter jou aan om stil te maak nie. As ek jy is kry als sou gou asmoontlik op recording of uit in die publiek en wees maar versigtig.

Josua Keys ·

Mev Mentor, as u so sterk staan teenoor u beginsels en u wil regtig ‘n verskil maak waarom nader u nie die VF+, DA of iemand wat u en u Familie kan beskerm teen moontlike sluip moordenaars ens nie, of is u steeds een van die “so called puppets “wat deur die ANC gebruik word om die storie te fabriseer om weereens die aandag van die media weg te lok van wat werklik in die land aan die gang is, indien nie , wys die wereld dat daar wel voormalige ANC lede is wat gatvol is vir die gemors wat hulle aangevang het en kom uit met die sak petats. Ek kan u belowe die ANC is besig om baie vinning te gly en gryp nou na strooi halms en probeer alles in hul vermoe doen om bewyse te veduister maar onse Heilige Vader slaap nie!!!! Sy tyd is nie ons tyd nie , Hy is besig om stelsilmatig sy plan in plek te kry en dit gaan die ANC verwoes glo wat ek u sê!!! Watch this space!!!!

Poplap ·

Jy hoef nie oor Vytjie se geloofwaardigheid te twyfel nie. Die DA en ander politieke partye is die laaste op wie gesteun kan word.
Sy is een van die strooihalms waarna jy verwys, wat tot groot pyne vir president Zupta gaan lei.

Theo ·

Dankie Vytjie. Jy is soos Thuli Madonsela. Iemand met durf en waagmoed.

Dirk T ·

Daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat Vytjie in onguns is by die ANC of dat hulle haar die rug gekeer het. Dit het haar natuurlik woedend. Daarom dat sy nou alles wil uitblaker. Ek twyfel of sy dit doen uit morele verpligting.

GES ·

As Vytjie regtig begin luister na haar gewete gaan dit nag word vir die Zuptas.

FM ·

Vytjie jy is n dapper vrou. Ek wil nie oor ras praat nie, maar oppas vir revenge van die ouens se kant af wat jou ewe skielik nie kan onthou nie. Ek stel voor jy lê eers laag. As jy doodeerlik is oor jou saak, moet jy praat anders gaan jou gewete jou ry. Suid- Afrika het mense soos jy nodig. Go Vytjie go!!! Suid- Afrika wil hoor. Ons soek leiers met integriteit!!!!

Marius ·

Ñ Jakkals verander van kleur maar nie van streke nie…. Ag nee wat ou Vytie ons soek meer feite. Iewers ruik ek ñ rot!

deon koegelenberg ·

Al hierdie negatiewe gebeure vir ons land hoop net al meer op– al wat ons nie weet nie is wanneer gaan die damwal breek . As daar ooit n tyd was dat ons n verlosser nodig het is dit nou. So laat ons Jesus Christus aanbid en Hom aanhang en nie ons tyd verspeel met feilbare mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.