Die party kon nie bekostig om die kongres by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum te hou nie. “Die ANC is ʼn NRO [nieregeringsorganisasie]. Ons maak staat op die vrygewigheid van borgskappe,” het Songezo Mjongile, uittredende provinsiale sekretaris, gesê.
“Toe ons 48 uur voor die kongres gesien het die borgskap gaan nie deurkom nie, moes ons na plan B draai.” Die ANC se “plan B” is die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (CPUT) se sportkompleks in Bellville.
Die kongres het Saterdag traag afgeskop nadat daar ʼn vertraging van sowat drie uur was. Dit was glo weens ʼn uitdaging met die akkreditasieproses.
Die kongres, wat Vrydag afgeskop het, sal tot Sondag voortgaan met ʼn nuwe provinsiale uitvoerende komitee wat verkies sal word.
Ek byt moeilik aan die een: die anc is ‘n nro. ?????
Kan ook beteken nierassige-organisasie . . . ( hoe’s daai KarooKlong ?) Eish !!
Peet, ek weet by nou al jy is ‘n wel belese man.
Ongelukkig kan ek nie vir jou voorskryf of beperk met die hoeveelheid vog wat jy mag inneem saans nie maar ek besef ook dit is laat en jy is waarskynlik moeg en uitgeput. Ek is oortuig jy sal more wakker word en dan hier kom om verskoning vra omdat jy jou geskiedenis op skool gedop het. Rustige nagrus vriend.
Karoo groetnis.
Ek het dit nageslaan om julle twee tot berusting te bring en dit dui op net-riool.
Dis hoe dinge mos gebeur. Wanneer die borge weier om die ANC te steun, is die skrif aan die muur. Ons hoop net die blinde volgelinge van hierdie siek party is bereid om die skille van hul oge verwyder!
Goeie more Peet.