Waaghals kritiek ná ongeluk

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 24-jarige man van Gauteng is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat hy Vrydag van ʼn bewegende vragmotor afgespring en geval het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man en ʼn vriend het glo op die agterkant van ʼn bewegende vragmotor in Kagiso, Krugersdorp gespring, daaraan vasgeklou en weer afgespring toe die voertuig stadiger gery het. Dié aktiwiteit staan bekend as ‘truck surfing’.

“Die jong man het op die pad geval en kritieke beserings opgedoen,” het Steinmann gesê. “Sy vriend is nie beseer nie.”

Die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chivago ·

Waaghals? Nee – daar verwag ek om van ‘n waaghals te lees wat vir ‘n film of advertensie ‘n toertjie uitgevoer het. Noem hom sommer ‘n idioot.

MartinLJ ·

Wel, ten minste kon hy nie brein beseerings op gedoen het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.