‘Waak teen roekelose besteding op Swart Vrydag’

‘n Skermskoot uit ‘n video van ‘n skare wat ‘n winkel se deur breek in hul gretigheid om in te kom op Swart Vrydag 2017.

Die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut (Sasi) het verbruikers Woensdag in aanloop tot Swart Vrydag gewaarsku teen roekelose besteding en die aankoop van onnodige items in die lig van die ekonomiese en politieke kruispad waar die land homself bevind.

“Black Friday”, die informele naam vir die dag ná Thanksgiving in die VSA wat altyd op die vierde Donderdag in November val, is ʼn fenomeen wat na ander lande oorgespoel het en waarby Suid-Afrika ook intussen aangesluit het. Dié dag word deur verbruikers beskou as die afskop van die feestydperk se inkopieseisoen en ontaard dikwels in wilde inkopietogte met verbruikers wat probeer om soveel moontlik winskopies los te slaan voor die voorraad opraak.

Sasi het Woensdag gesê aansienlike werksverliese het onlangs in die mynbedryf voorgekom, asook by maatskappye soos Standard Bank, die SAUK en ander terwyl die land gebuk gaan onder ʼn werkloosheidsyfer van meer as 27%.

“In hierdie omstandighede sal dit slim wees om soveel moontlik te spaar in ʼn onbestendige omgewing. Moenie geld bestee aan goed wat jy nie werklik nodig het nie,” sê Prem Govender, voorsitter van Sasi.

“Indien jy in aanmerking kom vir ʼn jaareindbonus, is dit beter om dié geld te gebruik om skuld af te betaal en die res te belê, eerder as om dit uit te mors op televisies, ontwerpersklere of ʼn deposito op ʼn nuwe voertuig.”

Die spaarinstituut sê sy jaarlikse feestydveldtog het begin en hy probeer om mense bewus te maak van die rente wat hulle op hul spaargeld kry.

Sasi sê hy het ook ʼn samewerkingsooreenkoms aangegaan met MyTreasury.co.za, ʼn onafhanklike prysvergelykingswebwerf wat maniere bied om die beste spaarrekening vir die hoogste rentekoers te vind, om verbruikers aan te moedig om hul geld slimmer aan te wend.

Meer as 16 miljoen Suid-Afrikaners het geld in ʼn spaarrekening, maar statistieke van die Suid-Afrikaanse Reserwebank toon ongeveer 40% van hierdie geld is in rekeninge met lae rentekoerse of geen rente nie.

Die spaarinstituut beplan ʼn maand lange veldtog waartydens verbruikersopleiding-werksessies in sleutelplekke oor die hele land gedoen sal word. Die instituut sal ook verskeie winkelsentrums as deel van sy feestydveldtog besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Die Groot Kooplus en Hygende Inkopiegangers ·

Mense gaan Vrydag mekaar dik moker om eerste by die bargain basement uit te kom!!! Wag maar en sien hoe vlieg die beledigings en sommer vuiste ook in die winkels en hoe uitasem en hygende inkopers soek na nog ‘n onbruikbare en nuttelose bargain. Mense raak heelwat oorhoeks, hups en opgewonde wanneer hulle kan koop en dit nogal teen afslag pryse.

RG ·

Waarom spoel ‘n dag van Danksegging nie oor ons land nie? Halloween en alles wat donker is word met ope arms ontvang. Ek hoort nie hier nie.

Katerina ·

Om waarvoor dankie te se? Dat ons vasgevang is in hierdie helhool land sonder n manier om te ontsnapping?

christa ·

met enige uitverkoping moet jy jou pryse ken anders koop jy goed en duurste. Gelukkig laat ek nie my so omkoop om te gaan geld uitgee nie. Dis gewoonlik die mense wat dit nie kan bekostig nie wat daarvoor val

Genieve ·

So bly ek stel nie belang in die Black Friday nie mense sal jou doodmaak oor n winskopie.
Geniet julle maar die winskopies.

ANON ·

Online Black friday maak seker ek hoef nie so ini winkels te gaan nie

Nie vir my nie ·

Laaasjaar was ons onwetend gou winkel toe na werk vir ‘n paar snoepery en van soveel origheid om te koop het ek nog nooit gesien nie. Ons was binne ‘n koop waansin vasgevang!! Dit was ‘n snikhete dag en hulle het selfs van die ou oortollige wintertruie op ‘n tafel uitgepak, ‘n skoolklok gelui en almal het gehardloop na die tafel toe om te kyk en te koop. En it was boonop lelike truie gewees sulke moeraspaddagroen truie. Nee wat ek vermy die winkels eerder Vrydag.

VanAfrika ·

Ek doen ook nie “specials” nie. Dis gewoonlik n foefie net om na die tyd uit te vind dis dieselfde prys as enige ander dag. Het vir my twee seuns elk n gazebo gekoop op swart vrydag 2017 teen R899.00 elk. Daardie selfde gazebo is nog steeds R899.00 op hierdie baie bekende inkopie sentrum se vloer.

Annelize ·

Black Friday voor enigiemand nog salaris gehad gekry het? Behalwe vir Kt kaarte en rekeninge, waar dink hulle moet mense geld vandaan kry om te “spaar” op Black Friday?

Ek was nog nie een keer deel van die Black Friday malligheid nie. Mense vertrap mekaar, is ongeskik, kras en gierig. Ek kan inelkgeval nie so gedruis hanteer nie. Die eerste persoon wat inelkgeval in my hakke vasry met ‘n trollie, beland met trollie en al onder die naaste rak, saam met sy winskopies. Ek sit my voete op so dag nie in die dorp nie.

A ·

Ek stel nie belang nie dankie………..die land se mense het geen maniere nie sal dood getrap word. Die dag het die regte naam gekry.

Dienkie ·

Nee wat dit is ook nie vir my nie. Moet ook nie die Saterdag na Black Friday na ‘n winkel toe gaan nie want dan is die rakke leeg en die paadjies staan vol trollies dat jy nie kan beweeg nie.

Seeskulp ·

Kon dit ook nog nooit begryp nie. Ons moet leer om ligter deur die lewe te gaan. Ons gaar te veel en te maklik op. Gee eerder weg as om nog n winskopie te probeer jaag

Estelle ·

Nee dankie. Om al die agtergeblewenes so te sien spandeer met hul swaar verdiende SASSA geldjies is nou nie my koppie tee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.