Waar is R1 miljard vir KZN se ramphulp?

Vloedskade in KwaZulu-Natal (April 2022) (Foto: Marco Longari / AFP)

Die DA in KwaZulu-Natal het sy skok uitgespreek dat daar glo geen R1 miljard van die nasionale tesourie vir noodverligting in die provinsie is nie.

Francois Rodgers, ʼn DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die skokonthulling is Donderdag in ʼn begrotingsdebat deur die LUR vir finansies, Nomusa Dube-Ncube, gemaak. Dít in antwoord op ʼn vraag van die DA oor hoe die provinsiale staatsdepartemente die nasionale hulpverligtingsgeld gaan bestee.

“Die LUR se reaksie was dat daar ‘geen R1 miljard’ van die nasionale regering te wagte is nie. Die LUR het voorts bevestig dat die KwaZulu-Natalse regering sy begroting sal moet herbeplan om die R1 miljard oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk gedurende die volgende drie jaar te vind om die kwessie te hanteer,” sê Rodgers.

Volgens Rodgers het hy die LUR later verder gepols en het sy bevestig dat die nasionale regering nie geld beskikbaar stel nie.

“Die DA is verstom deur hierdie onthulling,” sê Rodgers.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 18 April, toe hy ook ʼn nasionale ramptoestand weens die oorstromings in KwaZulu-Natal afgekondig het, gesê “die minister van finansies het gesê dat R1 miljard dadelik beskikbaar is” en dat die parlement genader sal word om bykomende hulpbronne toe te wys.

Rodgers sê indien daar na die provinsie se begroting gekyk word, asook na die koste van die Julie 2021-onrus, is die provinsie se begroting reeds tot op breekpunt gedruk.

“Vir die provinsie om R1 miljard oor die mediumtermynbegroting te vind, beteken dat sekere kapitaalprojekte en ander projekte vir eers gestaak sal moet word. Dit gaan ʼn reuse- finansiële las op die provinsie se fiskus plaas.”

Dit gaan uiteindelik die provinsie se inwoners wees wat die hoogste prys vir hierdie onvoorsiene uitgawe gaan betaal – en hulle het reeds geweldig gely, sê Rodgers.

Die DA het ʼn beroep op die nasionale regering gedoen om as ʼn saak van dringendheid duidelikheid oor die kwessie te verskaf.

Cleo Mosana, woordvoerder van die nasionale tesourie, sê dit is uit die staanspoor duidelik gestel dat die geld in die bestaande 2022-’23-begrotings gevind sal word – en dat dít die R1 miljard is waarna die president verwys het. Die geld sal dus uit bestaande begrotings herlei word.

“Die R1 miljard waarna die president verwys het, is nie nuwe geld nie,” sê sy.

Die geld sal toegewys word nadat die tesourie die aansoek daarvoor ontvang het en die behoorlike proses om die geld toe te wys, afgehandel is.

  • Hierdie berig is gewysig nadat dit aanvanklik gepubliseer is. – Red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Swerwer ·

Lekker lag ek nou. Geweet van die staanspoor af dat dit weer leë beloftes is. Die Regering het gedink die heel wêreld gaan inspring om hul kader by te staan maar ongelukkig weet almal reeds dat die huidige Regering nie in staat is om op hul eie inisiatief aan die dag te lê nie.

domheks ·

Soos gewoonlik. Heuning om die mond gesmeer, ou rama sal moet leer osn is nie SOOOOO dom nie!

Heinrich ·

Cyril het iets gesê wat nie waar is nie…nooooooooiiiiiiiitt…

Mariana ·

Verstaan bittermin van hoe die regering werk nie. Die KZN plaaslike regering het dan ook nou miljoene vir die Zoeloe”koningshuis” gegee. Nee hulle is deurmekaar. Maar beloftes het nog altyd maklik uit ANC monde gerol. Skreiende skande.

JohanR ·

En daar is ons wonderlike ANC regering! Jy moet maar aansukkel want van die regering is daar geen hulp. Dink Gift of the Givers gee meer as hierdie regering! Het Cyril gelieg? Die hoeveelste lieg is dit nou al?

Dup ·

As jy fondse wil laat “verdwyn”, gee dit vir die A en C.Hulle is die grootste kulkunstenaars ooit!

Impact ·

Regtig, julle wonder nog? Kyk na die tenkwa met water by die KZN Premier se huis dan? Orals waar hulle betrokke is, is daar maar nie ‘n geliegery en bedrog betrokke

Samuel ·

Wat kan mens anders verwag van die cANCer? Deurtrapte skelms.

Janee ·

En waaaaar sou dit nou vandaan gekom het? Gedink die buiteland gaan hul maatjies help? Hulle het self te veel om oor bekommerd te wees……Nee wat…groot hartseer vir die wat nie verseker is nie….

Leonard ·

Huidige Regering is van wat ek al weet al meer as ‘n Dekade BANKROT. Almal wat kan lees, weet dít. Sterkte met die ongeletterdheid van die betrokkenes.

Linda ·

DIs deesdase die WOKE manier. Op daai oomblik was dit sy waarheid, en niemand sal dit kan bestry nie. Siek wereld waarin ons deesdae bly. Lieg en bedrieg maar jy word opgehemel na goddelike status.

Sarel ·

Due DA se Leier besoek Ukraine terwyl sy eie land hom nodig het.
Ten spyte van KZN watter hulp verleen die DA aan die
Kirkwood Boere..

Jacobus ·

Herlei is so ‘n pragtige woord! Herlei uit staatskas na verskeie privaat rekeninge!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.