‘Waar is regulasies vir restaurante?’

(Foto: pixabay)

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) sê die gebrek aan regulasies wat aansit-etes in restaurante sal toelaat, is besig om die bedryf toenemend skade te berokken.

Meer as ʼn week nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig dat aansit-etes op gevorderde vlak 3 van die afsonderingsregulasies weer toegelaat gaan word, is daar steeds nie ʼn enkele regulasie daaroor nie.

Ramaphosa het terselfdertyd aangekondig dat die persoonlikesorgbedryf sy dienste mag hervat en regulasies vir dié bedryf is Vrydag al aangekondig.

Die restaurantbedryf is egter steeds in die duister en in dié stadium mag etes steeds net afgelewer of by ʼn eetplek afgehaal word.

In ʼn prokureursbrief aan die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, sê Rasa se regspan hy hoop die brief kan aan die nasionale bevelsraad voorgelê word om die erns van die saak duidelik te maak.

“Die aantal gerugte wat geskep en versprei word, is die direkte gevolg van die regulasies wat nie tydig bekend gemaak word nie,” sê Ashton Naidoo, Rasa se regsverteenwoordiger, in die brief.

Volgens Naidoo is Rasa besig om ʼn lys na te gaan van restaurante wat weens die afsonderingstydperk en die meegaande beperkings wat steeds vir die bedryf geld, permanent hul deure moes sluit. Talle ander restaurante kan in dieselfde bootjie beland.

Verskeie van die vereniging se lede sê nou ook hulle sal hul deure steeds moet toehou as hulle nie toegelaat word om alkohol op die perseel te bedien nie. Restaurateurs sê dit is bloot nie volhoubaar om nié alkohol te bedien nie.

“Dat hulle hul deure gesluit sal moet hou dui op die aaklige situasie in die bedryf.

“Restaurante het nodig dat die regering nou ʼn standpunt inneem en hulle help deur die geleentheid te bied vir hulle om hul sukkelende ondernemings te red voordat dit gesluit en gelikwideer word.”

Rasa vra dat ʼn restaurant toegelaat word om tot 70% van sy kapasiteit in ʼn eetplek toe te laat, asook dat die verkoop en gebruik van alkohol op die perseel toegelaat word. “Dit gaan verligting vir die hele bedryf bring. Dit gaan restaurante ook toelaat om hul verskaffers, verhuurders en personeel te betaal wat weer ekonomiese groei gaan stimuleer.”

Daar word na verwagting vandag (25 Junie) weer oor die regulasies vergader.

Hlengiwe Nhlabathi-Mokota, woordvoerder van die minister van toerisme, het by navraag gesê die regulasies “sal uitgereik word sodra dit deur al die nodige prosesse is”.

Sy kon geen aanduiding gee presies wanneer dit gaan wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hoekom ·

Die ANC gee nie om nie, vir hulle gaan dit net oor hulle self en die caching-caching en die bling-bling. Hulle het Suid Afrika lankal uitverkoop. Te besig om kinderlike spelletjies te speel met die rook verbod om rerig om te gee oor die restaurant bedryf. Hulle is verspotlik, kinderagtig, onvoorbereid, nalatig, onverantwoordelik en onbevoeg. Beste is…….hulle is ons “ruling party”….

JohanR ·

Wag nog soe bietjie. President Nkosazana Dlamini-Zuma is nou op bladsy 5 van die regulasies. Net nog 3995 om te gaan!

PH ·

Dis mos hoe kommunisme werk. Hou die “proletariaat” in die donker.

Kokerboom ·

Die gevoellose benadering van staat teenoor die sektor is tragies. Mense veg om oorlewing en die kaders voel ‘n veer. Kan hul salarisse ook asb halveer of sommer weggeneem word vir 3 maande….dan sal jy die opstand sien. Dis ‘n absolute skande.

Scalla ·

Net soos die hele onbevoegde regering kan niemand aanduiding gee wanneer dit op elke bedryf presies gaan wees nie!!!

Jaco ·

Ek weet die eintlike mikpunt van die ANC is om wit eienaars van restaurante finaal ekonomies te kelder as straf vir geen of re min BEE en regstellende aksie, maar wat nou van restaurante in swart besit? Hulle BEE en regstellende aksie is tog klaar reg en hulle velkleur is ook reg, so waarom bly hulle ook toe? Dis mos nie hoe mens met jou rasgenote maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.