‘Waar was Kinnear se polisiebeskerming?’ – Cele

Bheki Cele Saterdag gedurende sy besoek aan die Kinnears se huis. (Foto: Verskaf)

Bheki Cele, minister van polisie, het gesê ʼn tweede ondersoek sal van stapel gestuur word om te bepaal waarom lt.kol. Charl Kinnear en sy gesin se polisiebeskerming vroeër opgeskort is.

Kinnear, bevelvoerder van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, is Vrydagmiddag koelbloedig in sy motor voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.

“Uit die verslag wat ek ontvang het, word [die lewe van ]hierdie beampte al geruime tyd bedreig. Hy is van polisiebeskerming voorsien, maar dit is op ʼn stadium teruggetrek. Ek wil nou weet wat tot dié besluit gelei het. Hierdie gesin verdien om te weet of hul pa in die steek gelaat is en indien wel moet die koppe rol,” het die minister Saterdag tydens ʼn besoek aan die Kinnears se huis gesê.

Nicolette Kinnear en haar seuns word Saterdag deur familie en vriende bygestaan. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig Kinnear en sy gesin het vroeg vanjaar vir hul lewens gevrees ná ʼn beweerde aanval op hul huis verlede jaar waartydens twee verdagtes in hegtenis geneem is.

Dit het gevolg nadat Kinnear se naam blykbaar op ʼn soort “moordlys” verskyn het saam met die name van ander polisiemanne wat hoëprofielsake ondersoek.

Kinnear se huis was ook einde verlede jaar in ʼn beweerde aanval ʼn teiken toe Faeez Smith, ʼn 27-jarige man, buite Kinnear se huis met ʼn handgranaat in sy besit deur die polisie voorgekeer en in hegtenis geneem is. ʼn Ondersoek na die voorval het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn tweede verdagte, Amaal Jantjies, ʼn vrou wat glo as tussenganger opgetree het.

Bheki Cele spreek Saterdag die media toe gedurende sy besoek aan die Kinnears. (Foto: Verskaf)

Die beweerde aanval het op 23 November verlede jaar plaasgevind terwyl Kinnear, sy vrou en hul twee seuns in die huis was. Die huis was in dié stadium onder 24-uur-polisiebeskerming kort ná die skietdood van lt.kol. André Kay slegs ʼn paar strate weg van die Kinnears se huis.

Kinnear het meer as 30 jaar lange ervaring as polisiebeampte gehad en het oor die jare verskeie hoëprofielsake ondersoek wat rolspelers uit die bende-onderwêreld soos Nafiz Modack, Colin “Donkie” Booysen, Ashley Fields en Jacques Cronjé ingesluit het.

Lt.kol. Charl Kinnear (Foto: Facebook)

Hy het ook die sluipmoord op adv. Pete Mihalik ondersoek en was die hoofondersoekbeampte in die afpersingsaak oor veiligheidsdienste in Kaapstad.

Cele het nou gesê daar moet ook ondersoek ingestel word na polisiebeskerming vir ander speurders wat hoëprofielsake in die provinsie ondersoek.

“[Kinnear] was een van die goeie ouens, maar is deur genadelose misdadigers weggeneem wat die druk weens sy ondersoeke gevoel het. Dit is hoekom ons geen steen onaangeroer sal laat nie en meer hulpbronne sal inbring indien nodig sodat diegene wat verantwoordelik is vir hierdie gruwelike misdaad gevind word,” het die minister gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adeline ·

ANARGIE IN DIE HOOGTE RANGE VAN DIE SAPD EN cANCer in ons land PUNT.

twaalfboor ·

Bring terug die doodstraf. Vir die kriminele in hierdie land is dit net ñ speletjie. Daadwerklike gevolge is ñ GRAP.

Pieter ·

Nou praat ek uit ondervinding. Dikwels is jou grootste vyande politieke ampsdraers, sakemanne, senior/top bestuur en kollegas.

Miskruier ·

Die regering het hierdie seuns, en alle jong mense in die land in die steek gelaat.

Persheks Adri ·

Hoekom wil Cele nou eers weet? Hy moes mos van die beskerming geweet het en kon seker vir homself dink dat die spesifieke beamptes beskerming nodig het!

Groot jammerte dat hul nie die dood straf wil terug bring nie juis oor grondwet regte!!!

Elsabe ·

Die onder-wereld is baie gevaarlik. So jammer dat ‘n man wat wet en orde van ons land moet afdwing, so moet sterf. ‘Koppe rol’, Maj Gen??? Begin sommer heel bo.

JohanR ·

Waar was jy jou nar? Seker agter ‘n steunpillar gestaan om te sien of jy iemand sonder ‘n masker kan vang? Hier in die Wes-Kaap soek die ANC altyd ‘n “political opportunity.”

Kobus ·

Hulle was besig om jou en jou kaders op te pas mnr Cele. Julle is altyd vol beloftes en dan dom vrae wat julle vra. Dan word krimele gewaarsku tot volgende keer. Onbevoeg en maak net lawaai

MakersMark ·

As hy nog nie agter gekom het nie hy is die minister van polisie en hy moet dalk die vragies aan homself vra. Maar hy is dalk daar om ‘n pos te vul om iets gedoen te kry is nie in die job description nie.

Magda ·

Begin soek by die sake wat hy ondersoek het, en Cele JA waar was sy polisie beskerm?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.