Waardigheid van ontkleeklub se dansers bevraagteken

Foto: Google Street View

Foto: Google Street View

Eksotiese dansers wat in ‘n eksklusiewe gedeelte by die Kaapse ontkleeklub Mavericks werk het dalk verplig gevoel om te werk terwyl hulle menstrueer, berig die Saturday Star.

Dit is volgens ‘n verslag wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) saamgestel is op versoek van die hooggeregshof in Kaapstad oor of daar ‘n moontlike skending van vroue se regte by die ontkleeklub plaasvind.

“Dit kan ongemaklik en vernederend wees vir ‘n vrou,” lees die verslag. “Mavericks se bestuur ontken dat vroue versoek is om te werk terwyl hulle menstrueer. Dit kan wel wees dat die vroue voel dat hulle nie ‘n keuse het nie aangesien hulle nie ‘n inkomste kry as hulle nie werk nie.”

Die MRK se verslag het ook aan die lig gebring dat die vroue dikwels voel daar word druk op hulle geplaas om alkohol te gebruik. Mavericks het dit ontken.

Daar is gehoor dat ‘n danser by die ontkleeklub meer as R50 000 per maand kan verdien gedurende die “toeristeseisoen” en dat daar geen belasting afgetrek word nie aangesien hulle as onafhanklike kontrakteurs gesien word.

Die verslag beveel aan dat Mavericks sy beleide hersien ten einde te verseker dit voldoen aan die grondwet en arbeidswetgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nataly du Plessis ·

Ek het 2 weke vir Mavericks gewerk.! As die dansers wou af hê vir n paar dae gedurende hulle maandstondes dan moes jy nog steeds betaal as jy nie by die werk was nie! Dit het gemaak dat die dansers verplig gevoel het om te werk! En niemand was verplig om te drink nie…….dis elke een se eie keuse!

Jasper ·

Maar om half kaalg@t hul ding te doen en te verlei, is maar in orde. Siestog.

Wilna ·

Siestog ja Jasper en HEVW. Ongelukkig is dit soos in enige besigheid – as mense (mans) nie vra daarvoor nie sal dit nie aangebied word nie. Hoekom is dit altyd die ontkleedanseresse wat die gelag moet betaal? Wat van die mans wat die vertonings bywoon? Oor hulle word niks gese nie? Stop die mans se ‘aanvraag’. Hulle kyk maar te graag na die half kaalg@t op die verhoog ne!!!

Jas van As ·

Wilna, hoe wil jy nou ‘n ander een die skuld gee as jy nie waardes het nie. Jy hoef mos nie jou gaai rond te swaai net omdat daar ‘n aanvraag daarvoor is nie.

Jasper ·

Dankie tog Jas. Ek glo nie Wilna verstaan so mooi nie. As daar nie kaalbaase is nie sal daar ook nie n gehoor wees nie. Mans wat hul geld op sulke twak mors moet hul koppe laat lees.

Mickey ·

Ek kan nou en selfs as jong meisie nooit verstaan het hoe n vrou haar liggaam en selfrespek so oorboort kan gooi vir n hebsug na geld en blinkgoed nie Wat gaan in so tipe vrou sê kop aan as sy haarself so goedkoop maak voor n klomp wellustige orige mans sy kan verseker nie trots op haarself wees nie dis eintlik soos diere sonder rede of .verstand.

SKANDE! ·

1. Hoe kan hul “waardigeheid” aangetas word as hul alreeds hul “waardigheid” prysgegee het deur te ontklee??
2. HOE betaal hul nie belasting nie – verdomp ons chop af maar ons betaal maar en hulle nie?

Wat ‘n vrot spul!

Erich Goosen ·

Daar is ‘n eenvoudige oplossing vir die dansers se probleem. Stel net dames aan wat al die menopouse stadium bereik het.

Peter Says ·

Wha, ha, haaa Erich, die gehoor gaan dan afkomstig wees van, Huis herfsblaar, Huis madeliefie ens. n, klomp kwylende bejaarde oupas.

MC ·

Ek dink almal wat hier bo skryf is veroordelend en klein gesind – teenoor die meisies wat daar werk & ook die mense (nie net mans nie)!!! wat daarheen gaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.