Dit is volgens ‘n verslag wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) saamgestel is op versoek van die hooggeregshof in Kaapstad oor of daar ‘n moontlike skending van vroue se regte by die ontkleeklub plaasvind.
“Dit kan ongemaklik en vernederend wees vir ‘n vrou,” lees die verslag. “Mavericks se bestuur ontken dat vroue versoek is om te werk terwyl hulle menstrueer. Dit kan wel wees dat die vroue voel dat hulle nie ‘n keuse het nie aangesien hulle nie ‘n inkomste kry as hulle nie werk nie.”
Die MRK se verslag het ook aan die lig gebring dat die vroue dikwels voel daar word druk op hulle geplaas om alkohol te gebruik. Mavericks het dit ontken.
Daar is gehoor dat ‘n danser by die ontkleeklub meer as R50 000 per maand kan verdien gedurende die “toeristeseisoen” en dat daar geen belasting afgetrek word nie aangesien hulle as onafhanklike kontrakteurs gesien word.
Die verslag beveel aan dat Mavericks sy beleide hersien ten einde te verseker dit voldoen aan die grondwet en arbeidswetgewing.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Ek het 2 weke vir Mavericks gewerk.! As die dansers wou af hê vir n paar dae gedurende hulle maandstondes dan moes jy nog steeds betaal as jy nie by die werk was nie! Dit het gemaak dat die dansers verplig gevoel het om te werk! En niemand was verplig om te drink nie…….dis elke een se eie keuse!
Stop die hele duiwelse orgie.
Maar om half [email protected] hul ding te doen en te verlei, is maar in orde. Siestog.
Siestog ja Jasper en HEVW. Ongelukkig is dit soos in enige besigheid – as mense (mans) nie vra daarvoor nie sal dit nie aangebied word nie. Hoekom is dit altyd die ontkleedanseresse wat die gelag moet betaal? Wat van die mans wat die vertonings bywoon? Oor hulle word niks gese nie? Stop die mans se ‘aanvraag’. Hulle kyk maar te graag na die half [email protected] op die verhoog ne!!!
Wilna, hoe wil jy nou ‘n ander een die skuld gee as jy nie waardes het nie. Jy hoef mos nie jou gaai rond te swaai net omdat daar ‘n aanvraag daarvoor is nie.