Waarnemende afdelingskommissaris van misdaadintelligensie aangestel

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Genl.maj. PM (Pat) Mokushane is as die waarnemende afdelingskommissaris van die polisie se se misdaadintelligensie-afdeling aangestel.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende nasionale kommissaris, het aangekondig dat Mokushane op 10 Junie 2017 aangestel is. “Hy sal pligte in dié pos waarneem tot verdere kennisgewing.”

“Mokushane dien al 23 jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, grootliks in die intelligensie-afdeling. Hy het dus ervaring opgedoen in die polisie se misdaadintelligensie-omgewing en sy aanstelling as waarnemende afdelingskommissaris sal die afdeling se kapasiteit om misdaad te voorkom en te bestry, verbeter,” het genl.maj. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Sy voorganger, genl.maj. Agnes Makhele, het na haar permanente pos as provinsiale hoof van misdaadintelligensie in die Vrystaat, teruggekeer. “Haar ywerige diens tydens die 18 maande wat sy in dié amp waargeneem het, word hoog op prys gestel,” het De Beer bygevoeg.

“Misdaadintelligensie speel ʼn noodsaaklike rol in die stryd teen misdaad en die bestuur van die SAPD is vol vertroue dat genl.maj. Mokushane ʼn bydrae sal lewer om seker te maak dat die mense van Suid-Afrika veilig is en voel.”

Die pos was sedert 2012 vakant nadat Richard Mdluli van misdaadintelligensie na ‘n pos in die kantoor van die adjunk- nasionale polisiekommissaris vir operasies verskuif is. Mdluli is sedertdien geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Marx ·

Beteken waarnemend die volgende? “Ek sal probeer om die job te doen sonder die nodige kwalifikasies maar met die regte pay-cheque tot als ‘n gemors is…..en dan geen verantwoordelikheid vat vir die situasie nie”??? Nooit geweet “waarnemend” kan so baie dinge beteken nie….

Bach ·

Bla Bla Bla stel aan en fire en niks verbeter in SA nie. Hulle speel tog so lekker met ons geld. Ek hoop jul geniet dit.

Annette Stander ·

Hoekom word daar altyd ‘n WAARNEMENDE kommissaris aangestel? As hy so baie ondervinding het hoekom word hy nie permanent aangestel finish en klaar nie? Of soek hulle nog ‘n Zupta kader!

Ronell ·

Hy is n zupta kader. Waar in jou lewe kry jy iemand met slegs 23 jaar diens in die pos van majoor generaal. Hy ry lekker op die soustrein. Sy zupta manewales het al verlede week begin, daarom wil al die misdaadintelligensie personeel staak. Sy verwronge gedagtes en voorstelle is om ondersoek teen zuma in die wiele te ry, en om mk lede in hoë posisies aan te stel om zupta te beskerm. Tragies

Johan. H. ·

Ronell as dit die waarheid is ,,,kry hulle nie skaam nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.