Eskom het Donderdag aangekondig hy het ʼn nuwe waarnemende uitvoerende hoof aangestel nadat die voormalige hoof, Brian Molefe, se heraanstelling teruggetrek is.
“Die Eskom-raad aankondig aan dat mnr. Johnny Dladla met onmiddellike effek as die waarnemende uitvoerende groephoof aangestel is,” lui die verklaring. Volgens die verklaring kom dié aanstelling ná intensiewe beraadslaging tussen die raad en Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om op ʼn gepaste kandidaat te besluit.
Zethembe Khoza, waarnemende voorsitter van die raad, het gesê Dladla beskik oor die nodige vaardighede om Eskom op kort termyn te stabiliseer. “Hy het 22 jaar ervaring in Eskom, 17 jaar in verskeie nie-gereguleerde ondernemings en vyf jaar as uitvoerende hoof van Eskom Enterprises en sy filiale,” het Khoza gesê. “Hy het in al hierdie rolle uitstekende leierskapsvaardighede getoon wat veral geblyk het uit in sy omkeerstrategieë.”
Volgens die verklaring is Dladla ʼn geoktrooieerde bemarker wat in verskeie velde, insluitend finansies en rekeningkunde, studeer het onder meer aan die Harvard-sakeskool in die VSA, die Fort Hare-Universiteit, die Cranfield-universiteit in Brittanje en die IMM Graduate School in Johannesburg.
Brown het Dladla se aanstelling verwelkom. “Dladla is ʼn gesoute sakeleier met onberispelike geloofsbriewe. Sy sakevernuf, wat sy lofwaardige kennis van Eskom se bedrywighede insluit, sal nuttig te pas kom in sy nuwe rol,” het sy gesê. Brown het intussen die raad opdrag gegee om die aanstelling van ʼn permanente uitvoerende hoof vir Eskom te finaliseer.
Dladla se aanstelling kom nadat Molefe se heraanstelling in sy pos as uitvoerende hoof aan die begin van die maand in opdrag van die ANC amptelik teruggetrek is. Molefe is in November verlede jaar te midde van omstredenheid by die kragvoorsiener weg nadat hy in die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se staatskapingverslag onder verdenking geplaas is. Hy is daarna as ʼn ANC-LP aangestel, maar is in Mei onverwags weer in sy vorige pos by Eskom aangestel.
Molefe se verduideliking hiervoor was dat hy foutiewelik op vroeë aftrede geplaas is wat hom geregtig maak op ʼn pensioenbetaling van R30 miljoen. Dié betaling is egter deur Brown geweier.
Kom ons kyk hoe vee hierdie nuwe besem.
Ons wag in spanning om te hoor waste geraamtes uit Johnny Dhadla se kas uit val
Ons moet n weddenskap aangaan. Skoon, eerlik en het integriteit of die teendeel. Wonder wie gaan wen? Wys my net een wat bogenoemde het. Soustrein het nog baie sous.
Shame, weereens nie ń blanke nie. Is hulle bang dit kan dan net goed gaan……
ROBBERT nee n blanke mag nie deel in die soustrein voordele nie. Die ou is darem al 22jaar indiens so hy is nou geregtig op sy deel van die koek. Ons wag maar om te hoor hoe se die EFF waar is sy krag prop in geplug wat seker binne die volgende 24 uur duidelik sal wees.
Wat gaan sy pensioen wees na die tyd vergeleke met Molefe se 18 maande termyn, hoop net nie Zuma moet die bedrag uitspreek nie.
Kyk na die man se ondervinding en sy CV….hoekom word hy as “waarnemend” aangestel en nie permanent nie? Of moet daar nou eers gekyk word of al sy kursusse geloofwaardig is en of hy dit wel voltooi het? Doen ‘n mens nie eers sulke ondersoeke VOOR ‘n aanstelling gemaak word nie? Die nuwe Suid Afrika maak op geen vlak meer sin nie…..dis net ‘n geploeter van een skandaal na die ander. Gelukkig lees ek Nammawan dink hyself is awesome, lei die land baie goed, en weet presies waarmee hy besig is.