Waarnemende Eskom-hoof aangewys

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van openbare ondernemings het Woensdag die raad van Eskom se aanbeveling vir ʼn waarnemende hoof goedgekeur.

Minister Lynne Brown het bekend gemaak Matshela Koko sal van 1 Desember as uitvoerende hoof van Eskom waarneem.

Koko is tans die hoof van opwekking by Eskom en het in 1996 by die kragverskaffer begin werk. As hoof van opwekking het Koko die uitvoerende verantwoordelikheid gehad vir die verkryging van steenkool.

Sy aanstelling volg nadat Brian Molefe vroeër vandeesmaand bedank het nadat hy in adv. Thuli Madonsela se verslag oor staatskaping geïmpliseer is.

“Koko het baie ervaring en verstaan die uitdagings wat Eskom moet oorkom. Sy aanstelling sal ook kontinuïteit by Eskom verseker,” het Brown in ʼn verklaring gesê. “Ek het ook die raad versoek om onmiddellik die proses te begin om ʼn permanente uitvoerende hoof aan te stel.”

Koko is ook in die staatskaping-verslag genoem. Hy het ʼn dokument onderteken wat ʼn voorafbetaling van R600 000 gemagtig het aan Tegeta Exploration and Resources, ʼn Gupta-maatskappy. Hy is egter nie versoek om bewysstukke aan die openbare beskermer te verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

zoom zoom ·

Ken hy ook die kuier plekke in saxonworld soos Sy voorganger??

Japie ·

Weet nie of dit ‘n verbetering in die bestuur van Eskom is nie.

rudi ·

Wat is die kaanse dat hy eerlik en opreg Eskom gaan terugbou tot ‘n wereld beste? Hoekom kom die getal 0% by my op?

Callie van der Merwe ·

Nou ja daar het jy dit! Dis die Mnr wat op Cart Blanche nie antwoorde kon gee vir eenvoudige vrae nie. Toe hy in die hoek gedtyf word toe kon hy nie als onthou nie en toe sê hy hy het dalk n foutjie gemaak met die teken van Gupta kontrakte! Ai, SA jy bloei dood…..

Lucas ·

Ja nee Kallie maar net nog ‘n Zupta Kader! So bly hulle vir mekaar sorg ten koste van die land!!!

Christa ·

Dis dieselfde Koko wat so “winde gesluk” het op Carte Blanche en alle bewerings ontken het, terwyl sy handtekening op dokumente van toestemming vir vooruitbetaling van steenkool aan Gupta-myn gepryk het!

Boetie ·

Ek sit en wonder vanoggend in die kar toe ek die nuus hoor! Is daar ‘net ‘n klein groepie waaruit hierdie mense MOET kies? Hoekom is dit altyd iemand wat reeds ‘n ander organisasie opgemors het wat vir ‘n volgende pos oorweeg word? Die mense kom altyd met leuens en slegte history na ‘n plek toe, nooit is daar noemenswaardige verandering en verbeteringe wat hulle by ‘n vorige organisasie aangebring het nie, inteendeel, maar hulle word altyd vir nog ‘n beter pos met ‘n groter salaris oorweeg. Te eienaardig dat die boeties so vir mekaar sorg.

Maria Van Dieweeck ·

Lyn Brown en die parmantige Tina Pietersen is die eintlike skeppers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.