Waarnemende Eskom-hoof se kontrak verleng

Brian Molefe. Foto:leadershipplatform. com

Brian Molefe. Foto:leadershipplatform. com

Eskom het Woensdag aangekondig dat hy sy waarnemende hoof se kontrak verder verleng het.

“Die Eskom-raad kondig graag aan dat daar ná konsultasie met die raad van Transnet en Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, besluit is om die kontrak van sy waarnemende uitvoerende hoof, Brian Molefe, vir ʼn verdere drie maande te verleng,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Die bevestiging volg nadat die NUM vroeër Woensdag ʼn verklaring uitgereik het oor sy ongelukkigheid dat Molefe se kontrak verleng is.

Volgens Eskom is Molefe se kontrak verleng om hom tyd te gee om die strategieë wat hy reeds ingestel het, verder te ontwikkel ten einde die finansiële en operasionele stabiliteit van Eskom te verseker.

Molefe is in April as waarnemende hoof aangestel nadat hy vier jaar die hoof van Transnet was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Alles behalwe indrukwekkend as beurtkrag onverwags stage 2 oorslaan en jou elektrisiteit onverwags af gaan!

Gert ·

Agge nee Berhalet, ek dink jy is nou onnodig krities. Sedert Molefe daar is, gebeur daar iets met die instandhouding van die kragstasies en kom beurtkrag nie so gereeld voor as wat ons verwag het nie. Onthou hou net, hy moet nou ‘n siek maatskappy gesond maak en sal dit nie in drie maande kan doen nie. Gee hom n kans, toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.