Waarnemende polisiekommissaris aangestel

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

ʼn Waarnemende nasionale polisiekommissaris is aangestel nadat genl. Riah Phiyega Woensdag deur pres. Jacob Zuma uit dié pos geskors is hangende ʼn ondersoek.

Lt.genl. Johannes Khomotso Phahlane, die afdelingskommissaris vir forensiese dienste in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, is tydelik in die amp aangestel.

Die presidensie het Phiyega se skorsing aangekondig hangende die uitslag van ʼn raad van ondersoek oor bewerings van wangedrag, haar bevoegdheid om die amp te beklee en om amptelike pligte behoorlik uit te voer.

Phiyega het aanvanklik onder skoot gekom toe 34 persone tydens ʼn gewelddadige betoging by Lonmin sy Marikana-myn op 16 Augustus 2012 doodgeskiet is. Die Farlam-kommissie, wat die Marikana-skietery ondersoek het, het aanbeveel dat Phiyega ondersoek moet word.

Zuma het verlede maand die raad van ondersoek aangekondig onder leiding van regter Cornelis Johannes Claasen wat as voorsitter optree, met advokate Bernard Sakhile Khuzwayo en Anusha Rawjee.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Winston

Net n gesoute polisie person kan die werk doen. Sy was gedoem van dag een. Kom ons hoop hy doen sy werk as n roeping en nie vir eie gewin nie.

Hennie

Swak aanstellings kenmerk nou al die aanstelling van die nasionale polisiekommissaris. Phiyega het heel waarskynlik nie gevra vir haar aanstelling nie, maar omdat Zuma vrouens in hoë posisies wil sien was daar sekerlik verwagtinge vir Phiyega geskep. En nou die vernedering vir haar om dissiplinêre stappe in die gesig te staar. Die voriges het dieselfde paadjie gestap. Ons sal graag wil sien dat al die gunsies om iemand in ‘n bevorderings pos aan te stel, nou ter syde gestel word en iemand van formaat in hierdie posisie te kry. Dit sal dalk die beeld van die polisie ‘n bietjie oplig,… Lees meer »

Johann Marx

As ek hy is “neem ek waar” wat met al die vorige kommissarisse gebeur het!

Beertjie

Sy gaan seker nou net weer her-ontplooi word as minister of ambassadeer of dalk die SABC…….

Dan

Ja die mantjie pere moet nou uit gesorteeg word en al die met vrot kolle moet vir die varke gegooi word. Maak skoon voor die voet. Kom ons probeer weer n nuwe Suid Africa. VIVA!!!!