Waarnemende polisiekommissaris aangestel

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

ʼn Waarnemende nasionale polisiekommissaris is aangestel nadat genl. Riah Phiyega Woensdag deur pres. Jacob Zuma uit dié pos geskors is hangende ʼn ondersoek.

Lt.genl. Johannes Khomotso Phahlane, die afdelingskommissaris vir forensiese dienste in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, is tydelik in die amp aangestel.

Die presidensie het Phiyega se skorsing aangekondig hangende die uitslag van ʼn raad van ondersoek oor bewerings van wangedrag, haar bevoegdheid om die amp te beklee en om amptelike pligte behoorlik uit te voer.

Phiyega het aanvanklik onder skoot gekom toe 34 persone tydens ʼn gewelddadige betoging by Lonmin sy Marikana-myn op 16 Augustus 2012 doodgeskiet is. Die Farlam-kommissie, wat die Marikana-skietery ondersoek het, het aanbeveel dat Phiyega ondersoek moet word.

Zuma het verlede maand die raad van ondersoek aangekondig onder leiding van regter Cornelis Johannes Claasen wat as voorsitter optree, met advokate Bernard Sakhile Khuzwayo en Anusha Rawjee.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Winston ·

Net n gesoute polisie person kan die werk doen. Sy was gedoem van dag een. Kom ons hoop hy doen sy werk as n roeping en nie vir eie gewin nie.

Francois le Cochon ·

@Winston. My oorlede skoonpa was ‘n Lt. Gen. in die Polisie. Daardie jare (laat 80’s) was daar slegs 9 generaals in die Polisiemag. Vandag is daar ongeveer 250. Wat jy se^ is waar, net ‘n gesoute polisieman, wat begin het as ‘n konstabel, kan regtig die skoene van ‘n general volstaan.

Hennie ·

Swak aanstellings kenmerk nou al die aanstelling van die nasionale polisiekommissaris. Phiyega het heel waarskynlik nie gevra vir haar aanstelling nie, maar omdat Zuma vrouens in hoë posisies wil sien was daar sekerlik verwagtinge vir Phiyega geskep. En nou die vernedering vir haar om dissiplinêre stappe in die gesig te staar. Die voriges het dieselfde paadjie gestap. Ons sal graag wil sien dat al die gunsies om iemand in ‘n bevorderings pos aan te stel, nou ter syde gestel word en iemand van formaat in hierdie posisie te kry. Dit sal dalk die beeld van die polisie ‘n bietjie oplig, want huidiglik is hulle die grap van ons land.

Johann Marx ·

As ek hy is “neem ek waar” wat met al die vorige kommissarisse gebeur het!

Beertjie ·

Sy gaan seker nou net weer her-ontplooi word as minister of ambassadeer of dalk die SABC…….

Dan ·

Ja die mantjie pere moet nou uit gesorteeg word en al die met vrot kolle moet vir die varke gegooi word. Maak skoon voor die voet. Kom ons probeer weer n nuwe Suid Africa. VIVA!!!!

Dan ·

Sune ek sal maar my se gaan se op die F-B, lyk my al of julle op maroela media verkramp is

Rynhardt ·

Riah Phiyega kry die trekpas,maar ontvang nog steeds n lekker vet salaris!Haar op volger is ook onbekend.Zuma beledig mense se intelligense deur te volhard met “bekwame” mense wat vinniger deur die range beweeg as wat jy twinkies kan verorber in n week.Polisie hwt teeds erken dat hulle nie misfaad kan troef nie,kyk waar is polisie weer?Oopgrense van land se alles!Ekonomie is opsetlik doodgemaak en die rand is pap,soos n ou pap snoek van die Weskus!Alles stort stelselmatig net induie.Gistraand kondig die SAUK propagandamasjien aan:”n Bekwame kommissaris word nou aangesrel om polisie reg te ruk”.Dit is soos om te se:”Speurder Kojak,hier is n kam vir jou”!Ongelukkig is die man bles!

Hannie ·

Gaan check maar byvoorbaat of hierdie nuwe outjie ook geraamtes in die kas het, ek kan julle wet daar is weer iewers gekonkel met sy kwalifikasies en aanstelling!

REGINA ·

Ons hou asem op! So gaan die een na die ander verby, hul kom en gaan, dis vergelykbaar met Liz Taylor se vele mans, dan is hul daar, en dan is hulle sommer gou-gou weer weg, die hele lot was toe nooit “bevoegd” vir die verantwoordelikhede wat gepaard gaan met die pos nie! Sal daar hierdie keer sover gegaan word om die “regte gekwalifiseerde” persoon vir eens en vir altyd aan te stel asseblief! Bekyk eers VOORAF al sy/haar geraamtes in die kas, en nie eers AGTERNA as dit te laat is nie! Behoede ons van nog n “aanstellingsfiasko” wat die land duur te staan gaan kom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.