‘Waarnemende premier het geen bedrogklagtes teen haar’

Wendy Nelson. Foto: ANA.

Die provinsiale regering in Noordwes het Donderdag gesê hy wil dit duidelik maak dat geen bedrogklagtes teen Wendy Nelson, waarnemende premier van Noordwes, aanhangig gemaak is nie.

“Die provinsiale administrasie bevestig dat die waarnemende premier nog nooit enige bedrogklagte teen haar gehad het wat deur die Noordwes- komitee vir gesondheid en sosiale ontwikkeling  teen haar aanhangig gemaak is, soos wat foutiewelik in die media berig is nie,” het Brian Setswambung, woordvoerder van die provinsiale regering, gesê.

Setswambung het gesê dit sleg dat die media sulke verkeerde inligting geplaas het.

“Die aantygings wat gemaak is, is kwaadwillig en wil afbreek doen aan die werk van die waarnemende premier in haar toewyding en vasbeslotenheid om die mense van Noordwes onbaatsugtig te dien. Sy is toegewyd om tot die beste van haar vermoë te dien deur deursigtige en goeie regering te verseker.”

Setswambung het verder gesê ʼn saak wat in Maart deur die komitee vir gesondheid en sosiale ontwikkeling aanhangig gemaak is, het niks met Nelson te make nie.

Maroela Media het vroeër berig  Sussana Dantjie, waarnemende provinsiale sekretaris van die ANC, het gesê die provinsiale uitvoerende komitee het Supra Mahumapelo, premier, opdrag gegee om met verlof te gaan. “Ons het as die uitvoerende komitee besluit dat hy met verlof moet gaan en dat ʼn waarnemende premier aangestel moet word. Ons sal dit van daar af verder voer. Ons het nie ʼn tydsraamwerk hieroor vasgestel oor presies wanneer hy dit moet doen nie. Ons wag om van hom te hoor.”

Mahumapelo het egter nie lank geneem om oor dié verpligte verlof te besluit nie en Nelson, die Noordwes-LUR vir finansies, ekonomiese en ondernemingsontwikkeling, is Woensdagaand as waarnemende premier van die provinsie aangestel.

Die ANC se uitvoerende komitee in Noordwes het egter beklemtoon dat Mahumapelo steeds premier is en dat Nelson slegs waarneem terwyl Mahumapelo met verlof is.

Gewelddadige betogings het 18 April in die provinsie losgebars en betogers het Mahumapelo se bedanking geëis.

Sporadiese betogings is Woensdagaand in Montshioa, Magogwe en Seweding aangemeld nadat Mahumapelo sy bedanking, wat hy vroeër aangekondig het, teruggetrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hannes ·

So, mnr Supra gaan nou vir n paar jaar by die huis rondle en privaat besighede bedryf terwyl hy n vet salaris vd belastingbetaler af ontvang. Ag te lekker. Hy kan nou gereeld gaan braai daar by nkandla, daar is mos heelwat bees om te slag …

B-man ·

Dis sekerlik “afbreek”? ‘n Breuk is ‘n gedeelte/verhouding.

Cherokee ·

Korek B-man, dit is veronderstel om ‘breek’ te wees. Ek is bly jy help hulle reg, anders gaan hulle dalk begin vertel van inbreukers.

Tania Heyns ·

Dagsê B-man

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Nettie ·

@B-man, Cherokee en Maroela – verkeerd! Iemand doen “afbreuk” aan iets (…. wil afbreuk doen aan die werk van ….). Afbreek beteken jy breek iets af (letterlik) met jou hande.

SjN ·

Gewoonlik waar daar n rokie trek is daar n vuurtjie, ons sal maar wag en sien.

Cherokee ·

Maroela, waarom het julle B-man se teregwysing verwyder? Selfs sonder om jul fout reg te maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.