Waarnemende president, nóg vyf bedank uit KSA-raad

(Argieffoto)

Die beleërde Krieket Suid-Afrika het Sondag ʼn rits bedankings gesien.

Dit sluit in die waarnemende president van Krieket Suid-Afrika (KSA), Beresford Williams, wat met onmiddellike inwerkingstelling die tuig neergelê het.

In ʼn verklaring sê KSA Williams is uiters geesdriftig oor krieket en weens sy liefde vir die sport beskou hy sy bedanking as die beste manier om die sport in dié stadium te dien. KSA het Williams vir sy lojaliteit en toewyding bedank.

Angelo Carolissen het ook as direkteur bedank en sê “die uitdagings” in die raad het ʼn groot tol op sy loopbaan buite krieket geëis. Hy beskou dit as in sy beste belang, asook dié van KSA, om as raadslid te bedank. Hy bly aan by die lederaad.

Tebogo Siko, John Mogodi, Donavan May en Dheven Dharmalingam het ook hul bedankings by die raad ingedien. May, Mogodi en Dharmalingam sal voortaan ook slegs op die lederaad dien.

“Ek bly daartoe verbind om saam met die raad, lederaad en bestuur te werk sou hulle die behoefte hê. Desnieteenstaande die moeilike tye, was dit ʼn plesier om saam met almal te werk. Dit is my wens en hoop dat KSA in die komende maande vrede vind en dat krieket weer die spil sal wees waarom alles draai,” het Dharmalingam gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Krieket is verwoes en vetrap deur die ANC.Geen verlies.Alle sport in die land kan maar deure toemaak.Ons stel glad nie meer belang nie.

Stefan ·

Maak maar toe.
Sport is in geval bedoel om te beoefen en nie om ewe ‘sportief’ met ‘n bier en sak tjips in ‘n stoel te sak en tv te kyk en so nou en dan ‘n onaardse kreet te uiter nie.

Jakes ·

SA krieket se verval het gekom toe Mtetwa begin inmeng het soos al sy voorgangers. SA was voorheen gereken as een van die beste krieketspelende lande totdat politiek en regstellende aksie die sport n finale doodskoot gegee het.

Dup ·

Dit sal interessant wees om te sien wie die nuwe raadslede en direksie sal wees. Kaders en polieke aanstellings of kundiges uit die krieketgemeenskap?

Jaco ·

Waarom bedank die swart raadslede dan ook? Die anti-wit minister wil dan juis alle sport (spelers én bestuur) NET swart maak. Iets maak nie sin nie.

Hennie J ·

Krieket is reeds in sy kanon in getransformeer en vir solank dit n kwota – sport is en bly kan dit maar verder ten gronde gaan. Good riddance .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.