Waarnemende SAID-kommissaris aangestel

Mark Kingon. Foto: Facebook.

Die tesourie het Dinsdag bevestig dat Mark Kingon as waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aangestel is.

Die tesourie het in ʼn kort verklaring gesê Kingon se aanstelling volg ná pres. Cyril Ramaphosa Maandag vir Tom Moyane, die voormalige kommissaris, geskors het.

Volgens berigte het Ramaphosa Moyane glo vroeër gevra om te bedank. Hy het glo geweier waarna hy met onmiddellike inwerkingtreding geskors is.

Kingon was tot Dinsdag die waarnemende hoof vir sake- en individuele belasting nadat hy verlede week in die plek van Jonas Makwakwa aangestel is. Makwakwa het bedank nadat hy aanvanklik geskors is hangend ʼn ondersoek na “verdagte en ongewone betalings” van altesaam R1,2 miljoen, wat tussen 2010 en 2016 in sy persoonlike rekening inbetaal is.

Kingon het byna 34 jaar ondervinding. “Ons wil vir Kingon bedank dat hy hom beskikbaar gestel het om die SAID en die land in dié hoedanigheid te dien,” lui die verklaring van die tesourie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eish ·

Verstommend!
Self al is dit waarnemend.
Minstens blyk kundigheid die beweegrede vir aanstelling te wees.

Kobus ·

Volgens die standaard van die EFF is hy te wit; hoe nou gemaak?
Die feit is dat bevoegdheid en eerlikheid ens. die ware kriteria is en NIKS anders nie.

albert ·

Baie goeie nuus. Dit moes lankal gebeur het Nog n vrot appel uit die mandtjie

pollie ·

OOPS! n witman?? Nou gaan die EFF weer hulle speelgoed uit die kot uitgooi!

Albert Marais ·

Baie geluk Mark Kingon. Ons weet jy sal n uitsteekende werk verrig. Die huis word stadig maar seker skoongemaak.

R N ·

Nou gaan Malema seker weer oor hierdie witman ook toi-toi en rassistiese dreingemente maak en wegkom daarmee.

Sophia ·

Hallelujah, God is NOG op die troon, en Hy het nog nie die laaste woord gespreek nie! Hierdie is maar net die begin!! Ek voel opgewonde in my siel!!!

Reguit ·

Stel ‘n witman aan sodat die wittes méér kan betaal vir die etlike miljoene wat elke dag in die diep donker bodemlose Afrika sinkgat verdwyn. En die wittes klap hande daaroor. Maar net nóg ‘n rede waarom so baie mense emigreer.

TLC ·

Gee Mark n kans hy is die beste persoon ooit vir (waarnemend) hy is vreeslik streng en hy het nog altyd n plan. After all hy is die man wat aandring op zoompie se tax opgawes . Jammer hy kan nie permanent wees nie( te wit) hoop net hy kry n kans om Tommie se trawante ook uit te lig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.